Gesprek oor huurbeheer sloer voort
Kristien Kruger – Meer as vyf jaar sedert die kabinet besluit het om huurders teen uitbuiting deur eiendomsbaronne te beskerm, is die regering steeds besig om met wetgewing hieroor te stoei. Gister het die ministerie van nywerheidsontwikkeling en handel sy verpligtinge in die verband aan die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling oorhandig.
Huurbeheer is saam met behuising in 2014 deur die Affirmative Repositioning (AR) op die voorgrond gestoot. Tienduisende jong mense het grond by plaaslike owerhede in die land geëis. Beide 2014 en 2015 was verkiesingsjare.
Volgens die minister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Lucia Iipumbu, was dit ’n tydrowende proses om met belangegroepe te onderhandel. Dit is volgens haar hoekom die taak steeds nie voltooi is nie.
In 2017 was die aanbeveling van die kantoor van die prokureur-generaal dat ander metodes gevind moet word om behuising en grond aan mense te verskaf eerder as deur middel van beheer oor huurpryse.
Die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, het gesê sy ministerie sal die taak voluit aanpak. Hy wou egter nie ’n teikendatum vir die voltooiing van die konsepwetgewing gee nie.
“Daar is ’n span saamgestel wat die taak sal behartig en hulle sal eers al die inligting moet deurgaan en daarna sal ons onsself oriënteer en ’n strategie uiteensit. Ek kan nie sê dit sal teen einde Oktober afgehandel wees nie, want dit sal ’n leuen wees. Ons is besig met die saak en vra vir tyd.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie