Gespesialiseerde dak 'n eerste vir Namibië
Die dakspesialiste Holzbau Hess het verlede week ‘n gespesialiseerde dak vir die nuwe Plenarg Holdings-pakhuis in Prosperita opgerig. Vir dié besondere dakkonstruksieprojek word 28 meter lange dakbalke gebruik – 'n eerste vir Namibië en selfs vir Afrika. Volgens die eienaar, mnr. Christian Hess, is die daksparre vir die projek uit Rusland ingevoer waarna dit met ‘n spesiale middel uit Switserland aanmekaar gelym word. Hess en sy span het altesaam 17 dakbalke gemaak wat elk twee ton weeg en uit sewe kubieke meter hout bestaan. Nie elkeen kan glo so ‘n projek aanpak nie en volgens Hess is selfs in Duitsland slegs sowat tien maatskappye wat dié tipe werk kan doen. Foto’s Elvira Hattingh.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie