Gesondheidswerkers steeds werkloos

Kan nie vir ander poste aansoek doen

11 February 2019 | Ministeries
Henriette Lamprecht - Byna twee jaar ná hulle opleiding as gesondheidswerkers by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) ontvang het, sit dié werkers steeds sonder werk.

Die gesondheidswerkers is reeds as werknemers by die ministerie van finansies op MoHSS se betaalrol geregistreer, maar is nooit in diens geneem nie.

MoHSS het in September 2016 met die opleiding van gesondheidswerkers in die Omusati-, Ohangwena-, Kavango-Oos-, Kavango-Wes-, ||Kharas-, Omaheke-, Oshana- en Otjozondjupastreek begin.

Dié werkers het hul opleiding in Julie 2017 voltooi.

Volgens mnre. Jurgen Plaatjies en Willem Kayongo veroorsaak dit dat hulle nie by enige ander ministerie kan werk nie.

“Ek weet van werkers wat die opleiding voltooi het, wat nie ’n werk by ander ministeries kon kry nie, omdat hulle volgens die staat reeds op die regering se betaalrol is. Nog een wou sy vrou op sy mediese fonds sit, maar sy is nie aanvaar nie, omdat haar naam reeds op die stelsel wys,” het Kayongo gesê.

Volgens hom het die groep van 640 gesondheidswerkers hul opleiding reeds in 2016 voltooi en is hulle in 2017 aangestel.

“Ons het uit ons vorige werk bedank om die opleiding en die werk te kan doen. Twee jaar later sit ons steeds met niks. Ons het bedank, nét dat hulle later kan sê daar is nie geld om ons aan te stel nie.”

Kayongo sê sy kind was vroeër in ’n private skool, maar moet nou noodgedwonge ’n staatskool bywoon.

“Wat moet ek as pa doen? As ek alleen was, kon ek uit ’n asdrom eet, maar wat van my kinders?”

Die grootste probleem is volgens hom dat hulle as belastingbetalers by die ministerie van finansies geregistreer is sonder dat hulle enige inkomste ontvang.

“Jou naam reflekteer op die stelsel, wat wys jy is reeds in diens van die staat en MoHSS. Jy gaan slaap en jy word met woede wakker, want ander mense gaan werk.”

Volgens Kayongo het die groep beswaardes in November verlede jaar ’n optog na MoHSS se hoofkantoor in Windhoek gehou.

Geen gehoor is egter aan hul griewe gegee nie.

Die hulp van die staatsdiensunie (PSUN) is ook ingeroep, terwyl ’n versoekskrif ook aan die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa Amadhila, gestuur is. Tot dusver het daar volgens Kayongo egter dadels hiervan gekom.

Die sertifikaat, wat die 640 gesondheidswerkers vir hul opleiding by MoHSS ontvang het, word ook slegs deur die ministerie erken.

“Ek het hiermee by ’n private hospitaal probeer aansoek doen, en hulle het dit nie aanvaar nie,” het Kayongo gesê.

In Oktober verlede jaar het die goewerneur van die Ohangwenastreek, mnr. Usko Nghaamwa, gesê 95 van die werkers sal in dié streek in diens geneem word.

MoHSS se uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, het by navraag gesê onderhandelinge gaan voort “om vas te stel waar ons geld hiervoor kan vind”.

Volgens Nangombe is dit 'n lang proses en word verskeie opsies ondersoek. Hy het voorts erken die regering is “steeds beperk” wat finansies betref.

Die gesondheidswerkersprogram help om die druk weens te veel pasiënte by hospitale en klinieke te verminder.

Ná afloop van hul opleiding is die 640 gesondheidswerkers met noodhulpstelle toegerus met die belofte dat hulle so gou moontlik in die onderskeie streke uitgeplaas sal word.

In Augustus verlede jaar het die uitvoerende direkteur van gesondheid egter gesê die werkers kan weens begrotingsbeperkings nie in diens geneem word nie.

Die voormalige minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, het verlede jaar ook beloof die ministerie onderhandel met ontwikkelingsvennote om te help om die gesondheidswerkers uiteindelik in diens te kan neem.

Hy het die werkers om geduld gevra en hulle verseker daar is nie van hulle vergeet nie.

Volgens hom kry dié werkers voorkeur in die ministerie se stryd teen gesondheidskwessies, omdat hulle lede van die gemeenskap is en in die gemeenskap betrokke is.

Weens ‘n knyptangbegroting in 2017 is opleiding by alle gesondheidsentrums, asook alle opleidingsprogramme van die ministerie opgeskort.

Dié drastiese stap is telkens aan ’n tekort aan geld toegeskryf.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

14 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

14 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

15 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...