Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 387 nuwe gevalle
Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar, het met nog vier tot 275 gestyg. Die vier nuwe sterftes sluit 'n 52-jarige man van Swakopmund, 'n 62-jarige en 58-jarige vrou van Otjiwarongo en 'n 67-jarige vrou van Walvisbaai in.
Onder die nuwe 387 nuwe gevalle is 30 gesondheidswerkers, 24 leerlinge, 13 onderwysers, 17 studente, 15 werknemers uit die mynbedryf, 16 vragmotorbestuurders. Khomas het die meeste gevalle en wel 94 (24% van bevestigde gevalle), gevolg deur Erongo met 73 (19%).
Nog 437 mense het herstel wat die totaal op 25 845 en 'n herstelkoers van 87% te staan bring. Die aktiewe gevalle staan tans op 3 445 waarvan 310 in die hospitaal en waarvan 30 in die intensiewesorgeenheid (ICU) is. In Khomas is 99 mense in die hospitaal en 26 in ICU, gevolg deur Zambezi met 33 in die hospitaal en een in ICU.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het intussen gesê Namibië het in teenstelling met gerugte wat wyd op sosiale media versprei word, is nog geen Covid-19-entstowwe ontvang nie. Laasgenoemde word eers einde Januarie of Februarie in die land verwag. Hy het gemaan dit is kriminele oortreding om vals inligting te versprei.
Tot op hede is 235 555 weefselmonsters getoets, 6 778 kontakte word gemonitor en 2 121 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie