Gesondheidswerkers in buiteland gesoek
Jemima Beukes – Die regering soek buite die land se grense na gesondheidswerkers om te werf om die personeel aan te vul, wat tans onder geweldige druk verkeer.
Namibië bevind hom te midde van sy mees verwoestende golf van die pandemie sover. Duisende Namibiërs, insluitend dokters, verpleegsters en ondersteuningspersoneel, toets positief vir Covid-19. Dit laat 'n reeds wankelende gesondheidsorgstelsel op die punt van ineenstorting.
Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het Maandag gesê 'n onlangse advertensie vir plaaslike gesondheidswerkers het nie soveel belangstelling gelok soos hulle gehoop het nie en hy het die ministerie gevra om buite die landsgrense te soek.
Lande soos Suid-Afrika het grootliks op Kubaanse gesondheidswerkers staatgemaak en Namibië sal waarskynlik dieselfde pad volg.
Meer as 200 Kubaanse dokters het sedert die begin van die pandemie in Suid-Afrika uitgehelp.
“Ons het reeds 'n Kubaanse kontingent van verskillende professionele mense en as daar meer mense van Kuba of enige ander land is wat belangstel om aansoek te doen, sal ons hulle aanvaar,” het Nangombe gesê.
LABORATORIUMS ONDER DRUK
Die aanvraag vir toetse het verdriedubbel sedert die derde golf die land getref het.
Die bedryfsbestuurder van Nampath Laboratories, dr. Chris Hikuam, het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê die spanning en druk wat die hoë volume toetse meebring, is verbysterend.
“Wat by baie laboratoriums gebeur het, is hulle het soveel toetse gekry dat hulle druk moes toepas om vinnig resultate te lewer. Nou kan slegs gekwalifiseerde mense in die laboratorium werk. Ons het reeds 'n tekort aan laboratoriumpersoneel. Die jongste gegradueerdes van Universiteit van Namibië (Unam) is eers vanaf verlede maand beskikbaar. Dan moet hul nog registreer.” sê hy.
“Dan word ons ook deur die kapasiteit van die toerusting beperk. Die meeste laboratoriums kan dalk 50 toetse elke drie uur doen. Die grootste masjiene wat ons in Namibië het, toets elke drie uur ongeveer 100 monsters op 'n slag,” het Hikuam gesê.
Hy het bygevoeg dit vereis dat laboratoriumtegnici 24-uurskofte werk om al die toetse te voltooi.
“Baie van hierdie mense is jonk, onervare en vermoeid en daarom glip daar soms foute deur.
“Enige foute plaas dan meer druk op die senior personeel wat die toetse moet oordoen,” sê hy.
Die Covid-reaksie word verder vertraag wanneer die onvermydelike gebeur en personeellede aan Covid-19 blootgestel word en die laboratoriums vir 'n week moet sluit.
'ELKE TOETS
IS DRINGEND'
“Daar is mense wat wag om teater toe te gaan. Daar is mense wat wag om die liggame van hul geliefdes op te eis. Ons moet kontakte opspoor wat hul gesinne wil beskerm. Daarom is elke Covid-toets dringend en van kritieke belang,” het hy gesê.
“Wat nou gebeur, is dat almal jou vir hul uitslae bel. Jou foon lui onophoudelik. Selfs mense wat slegs vier uur gelede getoets het en hul geluk probeer. Dit belemmer jou werkvloei en dit neem jou langer om toetse te doen terwyl jy rondhardloop op soek na uitslae vir iemand op die telefoon.”
“'n Vertraging in resultate het 'n rimpeleffek. Dokters kan nie opereer nie. Liggame kan nie opgeëis word nie. 'n Eenvoudige griep word as Covid behandel, omdat jy nie seker is wat dit is nie en dit neem 'n bed in die hospitaal op,” het hy gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie