Gesondheidsraad glo gou op been
Gesondheidsraad glo gou op been

Gesondheidsraad glo gou op been

Denver Kisting
Denver Kisting



Einde vandeesmaand is dit reeds drie maande sedert die Raad op Gesond­heidsberoepe se termyn verstryk het.

Dié situasie bring mee dat sleutelwerksaamhede van dié liggaam nie tans kan voortgaan nie.

Me. Juliet ­Kavetuna, die ­adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, het die afgelope week die ­Nasionale ­Vergadering (NV) ingelig oor die impak hiervan op die bedrywighede van die raad, wat reeds sedert 31 Maart vanjaar tot ­stilstand geruk is toe die vorige raad se termyn ten einde geloop het.

Dié toedrag van sake het daartoe gelei dat geen aansoek om ­registrasie, akkreditering van opleiding­instellings en klagtes rondom onprofessionele gedrag tans verwerk kan word nie, het Kavetuna Dinsdag gesê.

Volgens haar geniet die situasie aandag en 'n nuwe raad sal “so gou as moontlik” aangestel word.

Kommentaar

Republikein 2025-07-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer