Gesondheidsministerie weet nie waar 229 voertuie is nie
Gesondheidsministerie weet nie waar 229 voertuie is nie

Gesondheidsministerie weet nie waar 229 voertuie is nie

Henriette Lamprecht
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste kan nie verantwoording doen vir ten minste 229 voertuie wat aan hom behoort nie, sê die ouditeur-generaal, mnr. Junias Kandjeke. Volgens hom is dit reeds in 'n vorige verslag uitgewys en is niks daaraan gedoen nie. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, mnr. Ben Nangombe, het die blaam hiervoor voor die deur van Covid-19 gelê. Volgens Kandjeke het die ministerie egter reeds voor die pandemie verkeerde inligting deurgegee met betrekking tot die aantal voertuie wat deur die ministerie besit word. Die ministerie het ook N$47 miljoen bestee sonder dat goedkeuring deur tesourie daarvoor gegee is. Ook is 75 voertuie ter waarde van N$4,6 miljoen tydens die oudittydperk afgeskryf. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-05-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer