Gesondheidsministerie gaan 10 ICU's bou
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan intensiewesorgeenhede (ICU's) by tien gesondheidsinrigtings oraloor in die land bou om met die bestuur van kritieke pasiënte te help. Volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie, mnr. Ben Nangombe, was daar voor die Covid-pandemie net ICU's by die Onandjokwe-, Oshakati en Windhoek Sentrale hospitale.
Hospitale wat nou met ICU's toegerus gaan word, sluit in die staatshospitale op Keetmanshoop, Katima Mulilo, Outapi, Otjiwarongo, Rundu, Gobabis, Engela, Opuwo en Nankudu. - Nampa
Hospitale wat nou met ICU's toegerus gaan word, sluit in die staatshospitale op Keetmanshoop, Katima Mulilo, Outapi, Otjiwarongo, Rundu, Gobabis, Engela, Opuwo en Nankudu. - Nampa


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie