Gesondheid wil op kliëntediens fokus
Die voorsiening van professionele, billike en doeltreffende gesondheidsdienste is vanjaar hoog op die agenda van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in ’n poging om sy wankelrige reputasie te red.
Volgens die waarnemende permanente sekretaris, me. Petronella Masabane, wil die ministerie openbare vertroue herstel.
Masabane sê die verbeterde kliëntedienste sal op primêre gesondheidsorg, die hoeksteen van gesondheidsdienste, berus.
Volgens haar is daar, weens werknemers se houding teenoor kliënte, min waardering vir die ministerie se dienste.
“Ons gaan voluit om kliëntediens te verbeter sodat mense vertroue het in die dienste wat ons lewer,” het Masabane gesê.
Die ministerie sal verseker sy kliënte word met respek en waardigheid behandel en van die beste gehalte gesondheidsorg voorsien.
“Ons dienste is nie sleg nie. Ons het uitstekende, goed opgeleide personeel. Ons het redelike goeie infrastruktuur. Ek sê nie dis die beste nie, maar ons doen nie sleg nie.”
Met verwysing na kapasiteit en menslike hulpbronne het Masabane gesê die ministerie is nog nie waar dit moet wees nie.
“Ons is nog nie daar nie, omdat ons ’n reuse-agterstand in terme van menslike hulpbronne vir gesondheid het. Ons beweeg egter stadig in daardie rigting.”
Om bogenoemde agterstand uit te wis, gaan die ministerie honderde verpleegsters werf.
“Die uitdaging is dat die verpleegsters nog opgeleiding word. Dit sal twee, drie jaar duur voordat ’n vlak bereik word waar hulle met vertroue na elke hoek van die land uitgeplaas kan word.”
Vir nou bly die ministerie se grootste uitdaging ’n gebrek aan finansiering, wat nog ’n knou met die 2018-’19 finansiële jaar se begrotingstoekennings gekry het.
In die huidige finansiële jaar het die ministerie N$6,5 miljard van tesourie ontvang, ’n afname van 10% teenoor verlede jaar se begroting.
“Laas jaar was moeilik, dié jaar gaan nog moeiliker wees omdat ons meer personeel met ’n verlaagde begroting moet aanstel. Ons het ook siekte-uitbrekings wat ’n klomp geld kos.”
Met streng finansiële maatreëls en die ondersteuning van rolspelers en die regering, is Masabane egter vol vertroue dat die ministerie sy kernmandaat sal kan uitvoer. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie