Gesondheid kry meer as N$1 m. se toerusting
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het mediese toerusting ter waarde van meer as N$1 miljoen van Ohorongo Cement en Support Ulm e.V. ontvang.
Dit is moontlik gemaak deur die Duitse weermag en sal gebruik word om bestaande mediese fasiliteite aan te vul.
Deur bemiddeling van Ohorongo Cement se afdeling vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid, die Ohorongo Otavi Gemeenskapstrust (OOCT), is onder meer chirurgiese toerusting, oogtoetsstelle, termometers, stetoskope, weegskale, bloeddrukmasjiene, EKG-toestelle en hospitaalbeddens geskenk.
Volgens adjunkminister Julieta Kavetuna sal die grootste deel van die skenking na intermediêre hospitale in die suide van die land gestuur word.
Oor die afgelope tien jaar het die OOCT en Support Ulm e.V. meer as 800 rolstoele, 300 hospitaalbeddens, bloeddrukmasjiene, looprame en ander broodnodige toerusting vir die openbare gesondheidsektor in Namibië geskenk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie