Gesondheid: Kritieke poste gevul
Meer as 7 000 bykomende poste word in die ministerie benodig.
Henriette Lamprecht - Sedert Januarie vanjaar is ’n totaal van 257 poste in verskillende kategorieë by verskillende openbare gesondheidsgeriewe oraloor die land gevul.
Dit sluit 135 geregistreerde verpleegsters, 22 aptekers, 64 assistent-aptekers, 16 radiografiste en 20 assistent-radiografiste in.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) benodig volgens ’n vergelykende evaluering wat in 2018 gedoen is 7 338 bykomende personeel in verskillende kategorieë.
Die groot stok in die wiel is egter ’n gebrek aan geld wat maak dat dié poste nie geskep kan word nie.
Volgens die uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, het die ministerie die mees kritieke poste geïdentifiseer om ononderbroke diens te verseker.
Goedkeuring is in dié verband van die kantoor van die eerste minister vir die skep van 4 595 kritieke poste verkry.
Die poste sluit in mediese spesialiste, mediese beamptes, tandartse, aptekers, mediese tegnici, maatskaplike werkers, fisioterapeute, radiografiste, geregistreerde en ingeskrewe verpleegsters, dieetkundiges en ortopediese tegnici.
Volgens Nangombe is poste ook geskep vir skoonmakers en drywers vir veral klinieke en gesondheidsgeriewe op plattelandse gebiede en kleiner dorpe. Die goedkeuring vir die bykomende poste is amptelik deur die sekretaris tot die kabinet op 11 Desember afgeteken en volgens Nangombe staan die aantal goedgekeurde poste in die ministerie se struktuur tans op 20 374.
Met verwysing na poste waarvoor hulpbronne wel beskikbaar is, het hy gesê die ministerie het reeds personeel vir veral intreevlakposte begin werf.
Nangombe het ook verwys na ’n groep uitgebreide gesondheidswerkers wat weens ’n gebrek aan hulpbronne nog nie deur die ministerie in diens geneem kon word nie. Die ministerie het in 2008 met die opleiding van gesondheidswerkers begin. ’n Totaal van 2 214 is opgelei, waarvan 1 565 deur die ministerie in diens geneem is.
Die oorblywende 649 het by die kantoor van die arbeidskommissaris om hulp gaan aanklop om aanstellings by die ministerie te kry. Volgens die arbeidskommissaris kon hy nie oor die kwessie beslis nie, omdat die opleiding wat deur die ministerie verskaf is, nie werk aan die gesondheidswerkers beloof het nie.
Volgens Nangombe is die hoop steeds om die 649 in die toekoms in diens te neem omdat gesondheidswerkers ’n kritieke komponent van die gesondheidstelsel is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie