Gesondheid briek opleiding
Henriette Lamprecht - ’n Knyptangbegroting het opleiding by alle gesondheidsentrums, asook alle opleidingsprogramme van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) vir aanstaande jaar opgeskort.
In Januarie is die opleiding van gesondheidswerkers wat hoofsaaklik primêre gesondheidsdienste in landelike gebiede verskaf, ook onverwyld gebriek.
Die redes vir dié drastiese stappe is telkens weens ’n tekort aan geld toegeskryf. ’n Ministeriële skrywe onderteken deur die permanente sekretaris is vroeër in Mei aan alle streeksdirekteure van gesondheid uitgestuur om hulle van die halt van opleiding te verwittig.
Volgens dr. Andreas Mwoombola is dit gedoen ná ’n “deeglike ondersoek van die huidige begroting en personeeltendense waarvan ons almal bewus is”. Opnames vir die 2019 akademiese jaar sal egter “afhangend van die beskikbaarheid van die nodige hulpbronne” voortgaan.
Studente wat hul eerste jaar herhaal, sowel as studente wat hul opleiding na aanstaande jaar geskuif het, sal volgens Mwoombola by een opleidingsentrum geakkommodeer word. Die geoormerkte opleidingsentrum sal in ’n latere stadium bekend gemaak word.
Die opskorting van die opleiding van gesondheidswerkers is toe ook deur Mwoombola gemotiveer en toegeskryf aan ’n tekort aan geld “as gevolg van begrotingsbesnoeiings deur die ministerie van finansies”.
Opleiding van dié werkers was ten tyde van die aankondiging reeds in nege streke van stapel gestuur. Die opleiding vereis volgens ’n skrywe deur Mwoombola “geld om bestaans- en reistoelae van streeksopleiers, sowel as betalings vir die opleidingsgeriewe tot met die voltooiing van opleiding te dek”. Die opleiding sou einde Maart ten einde loop, maar “as gevolg van onvoorsiene omstandighede” is dit uitgestel.
Streke betrokke by die opleiding van dié werkers is deur Mwoombola versoek om “opleiding op te skort totdat die situasie verbeter”.
Die ministerie het vroeër vanjaar by monde van sy minister, dr. Bernard Haufiku, drastiese stappe aangekondig om sy begroting te laat klop. Die stappe sluit onder meer die inkorting van dagvergoeding, internasionale reise, sowel as die aankoop van meubels en voertuie, uitgesluit ambulanse, in. Die ministerie het vanjaar 11% van die nasionale begroting en wel N$6,1 miljard ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie