Gesonde seks ndeur Timothy Kieswetter
Gesonde seks ndeur Timothy Kieswetter

Gesonde seks deur Timothy Kieswetter

Jacqueline Louw
Seks is belangrik. God het dit belangrik gemaak.
Wat is 'n seksueel gesonde huwelik? Is dit nie waar dat wanneer dit in die huwelik goed gaan seks vanself gebeur nie? Ons almal weet mos wat om te doen wanneer die ligte afgaan . . .
Gesonde seks in die huwelik is nié vanselfsprekend nie. As ons gesonde seks in ons huwelike wil geniet, gaan ons oor seks móét begin praat. Nie as 'n nagedagte of as 'n voetnota of as 'n afgerammelde onderwerp nie, maar as 'n hoofpunt van bespreking.
Bekende Bybel- en seksualiteitkenner Timothy Kieswetter wys jou hoe jy ook die vreugde van gesonde seks kan ervaar en voluit en met oorgawe in jou huwelik kan liefhê. Met hierdie boek praat Timothy met elke mens op sy vlak - of jy nou konserwatief of oopkop is oor die tipe goed.
• Gesonde seks (ISBN: 9780796319449) is deur Lux Verbi vrygestel.

Kommentaar

Republikein 2025-06-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer