Gesoek: Namibiërs wat in China woon, studeer
Die Namibiese ambassade in China is in die lig van die uitbreking van die corona virussiekte (covid 19) besig om sy lys op te dateer van alle Namibiërs wat tans in China woon.
Die ambassade versoek vervolgens ouers, voogde en familielede van Namibiërs wat in China woon en nog nie kontak met die ambassade gemaak het nie, om dringend die betrokke familielede te versoek om hul besonderhede aan die ambassade te verskaf. Namibiërs wat in China woon se besonderhede wat verskaf moet word, sluit onder meer in hul bron van inkomste (self of beurs), paspoortnommer, naam van instelling, asook die stad en provinsie waar hulle hul tans bevind. Die vereiste besonderhede moet gerig word aan [email protected], [email protected], [email protected] en aan die WeChat ID: Kwenu_Kuwa.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie