Gesoek: ‘n Redder vir SAL
Die Suid-Afrikaanse tesourie skarrel nog om ’n direksielid “met lugvaartondervinding” by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) aan te stel terwyl die omkeerstrategie nog in tamatiestraat is.
Die tesourie het in Desember ’n advertensie geplaas waarin lugvaartspesialiste gevra word om aansoek te doen.
Yolisa Tyantsi, tesouriewoordvoerder, het aan Rapport gesê die pos is nog vakant en hulle oorweeg aansoeke.
Met die aanstelling van die nuwe direksie drie maande gelede het lugvaartkenners hul kommer uitgespreek dat geen enkele direksielid ’n agtergrond in lugvaart het nie. Dudu Myeni het oorleef as raadsvoorsitter.
Geen noemenswaardige veranderinge in die struktuur, vlugroetes of personeelsake wat die inkomstestaat kan verbeter is intussen aangekondig nie.
Ondanks die hoop dat ’n nuwe raad dringend die verliese van R1,5 miljard in 2015-’16 en R5,6 miljard in 2014-’15 sou begin omkeer, is die kritieke bestuursposte steeds nie gevul nie. In die poste van uitvoerende, strategiese, personeel- en finansiële hoof is daar net personeellede wat waarneem. Die poste van kommersiële hoofbestuurder, die hoof van Airchefs en die uitvoerende hoof van Mango is vakant.
Regrukplan
Pravin Gordhan, minister van finansies, het as deel van die regrukplanne by die lugdiens en die aanstelling van ’n nuwe direksie permanente aanstellings tot ’n prioriteit verklaar. Tlali Tlali, SAL-woordvoerder, wou nie sê hoeveel aansoeke vir die pos van uitvoerende hoof ontvang is nie. Die sluitingsdatum is verlede week in ’n koerantadvertensie tot 18 Januarie uitgestel. ’n Advertensie vir die finansiële hoof het eers ’n week gelede verskyn.
Volgens Tyantsi is heelwat sedert verlede jaar vermag om die SAL op ’n winsgewende koers te stuur. Die vul van al die poste is egter ’n tydsame proses. Die direksie is vir die keuring en aanstelling verantwoordelik, maar die werwing is uitgekontrakteer aan twee verskillende personeelagentskappe. “Minister Gordhan glo die kortlys sal einde Maart reg wees,” sê Tyantsi.
Intussen strompel die lugdiens van een omstredenheid na die ander. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie