Gesloer met verslag in Mafia-styl moordsaak
Yochanaan Coetzee - Die beskuldigde in 'n Mafia-styl moordsaak, die Jemenitiese burger, mnr. Murad Esmail Ali Al-Hersh (39), se verhoor is Dinsdag vir 'n laaste keer vir die aanklaer-generaal se besluit uitgestel.
Die wissel van miljoene Namibiese dollar het na bewering aanleiding gegee tot die moord, wat verlede jaar in Kleine Kuppe in die hoofstad gepleeg is.
Die aanklaer-generaal se besluit was teen Dinsdag nie gereed nie, omdat die forensiese verslag in die teregstelstyl-moord nog uitstaande was.
Al-Hersh is verlede jaar op 2 Augustus op Ongwediva in die Oshanastreek deur die Namibiese polisie se eenheid vir ernstige misdaad in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n Malinese burger, mnr. Gamby Maya, wie se liggaam op 31 Julie 2016 in Kleine Kuppe gevind is.
Die 35 jarige-Malinees is glo vermoor omdat hy nie rekenskap kon gee van US$150 000 (sowat N$2 miljoen) ná 'n omskakeling van minstens US$500 000 (ongeveer N$6,4 miljoen) nie.
Hy is tussen die oë geskiet waar hy agter die stuur van sy motor gesit het.
Die grys Hyundai Elantra is later verlate in die Olympia-woonbuurt gevind met die bestuurder se venster nog oop en 'n vloermat op die sitplek waaronder bloedkolle was.
Met sy inhegtenisname is Al-Hersh met ongeveer N$70 000 in sy besit gevind. Hy het later onskuldig gepleit.
Die verhoor is deur landdros Jo-Rina Jagger na 20 November uitgestel vir die aanklaer-generaal se besluit.
Al-Hersh bly in Windhoek Sentrale Gevangenis in aanhouding.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie