Geslagsgeweld die 'norm'
Geslagsgeweld die 'norm'

Geslagsgeweld die 'norm'

Sowat 70% van sake wat in 2016 tot op hede by die hoërhof in Windhoek aangemeld is, was aan geslagsgeweld verwant.
Mariselle Stofberg - Byna 4 000 gevalle van geslagsgeweld (GBV) is sedert verlede jaar in Namibië aangemeld. Die 3 976 voorvalle het vanaf verlede jaar tot op hede plaasgevind, met die uitvoerende direkteur van die Vroue-aksie vir Ontwikkeling (WAD) wat maan nie 'n week gaan verby sonder gevalle van verkragting, grusame moord en huishoudelike geweld teen Namibiërs deur Namibiërs wat daagliks die nuus haal nie.

Volgens mnr. Saltiel Shinedima tel die land onder dié waar geweld teen vroue en kinders die norm geraak het. “Wanneer jy kyk na die grusaamheid, laat dit jou wonder wat met ons gebeur het en wanneer ons so harteloos geword het.”

Die ministerie van justisie het in 2016 bevestig 70% van die sake wat by die hoërhof aangemeld is, was aan GBV verwant. Shinedima het die belangrikheid van onderrig by ouerhuise beklemtoon, veral op die manier waarop jong seuns grootgemaak word.

“Gewelddadigheid is nie inherent tot die mens se natuur nie. Dit word aangeleer, wat ook beteken ons kan dit afleer. Respek vir vroue en kinders moet reeds vanaf ’n jong ouderdom by seuns ontwikkel word.”

Shinedima het met die aanvang van die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld gesê alkohol- en dwelmmisbruik dra grootliks tot die geweld by, hetsy as primêre of onderliggende faktore.

"Dit verlaag jou inhibisies en keer jou om oordeelkundige keuses te maak," het hy gesê.

Intussen het die verteenwoordiger van die Verenigde Nasies (VN) se Ontwikkelingsprogram (UNDP) tydens dieselfde geleentheid gesê misdade soos verkragting en aanranding word teen vroue gepleeg "bloot omdat hulle vroue is".

Volgens me. Anita Kiki Gbeho speel bemagtigde vroue ’n deurslaggewende rol in die ontwikkeling en verbetering van lewensstandaarde van toekomstige generasies.

"Navorsing toon GBV kan 2% van die land se bruto binnelandse produk kos," het Gbeho gesê.

Volgens statistieke trou 7% van meisies in Namibië voor die ouderdom van 18, 'n derde van verkragtingslagoffers is jonger as 18 jaar, terwyl 33% van vroue tussen die ouderdomme van 15 en 49 reeds een of ander vorm van geweld ervaar.

Ghebo het die insameling van data beklemtoon en gemaan "ons kan dit nie beheer as ons dit nie kan meet nie”. Word volledige data versamel, kan volgens haar bepaal word watter stappe gedoen en wette en beleide aangepas kan word om GBV te verhoed. Inligting sluit onder meer in wie die oortreder was en waar die voorval plaasgevind het.

Voorts is die ondersteuning van veldtogte teen geweld noodsaaklik in die stryd teen GBV. Volgens me. Annemarie Naida, adjunk-inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, was daar sedert verlede jaar ’n toename van 23% in sake wat met GBV verband hou en by die polisie aangemeld is.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.43/OZ DOWN -0.0052 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.71/BBP UP +0.52% | Platinum US$ 1 060.61/OZ DOWN -0.0086 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.18 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.43/OZ DOWN -0.0052 | Copper US$ 4.85/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.71/BBP UP +0.52% | Platinum US$ 1 060.61/OZ DOWN -0.0086