Geslagsgeweld u2018bedreiging vir die mensdomu2019
Geslagsgeweld u2018bedreiging vir die mensdomu2019

Geslagsgeweld ‘bedreiging vir die mensdom’

Sanet de Waal
Henriette Lamprecht – Die kabinet het goedkeuring verleen dat die regering verklaar dat geslagsgeweld (GBV) ’n bedreiging vir die mensdom inhou.

Die minister van inligting, kommunikasie en tegnologie, mnr. Peya Mushelenga, het tydens die bekendmaking van die jongste kabinetsbesluite gesê dit is in die plek daarvan om eerder ’n noodtoestand te verklaar.

Met verwysing na voorstelle wat deur die kantoor van die eerste minister voorgelê is, het Mushelenga gesê goedkeuring is verleen dat wetstoepassingsagentskappe gereelde patrollies in al die streke verhoog. Lede van die publiek moet ook aangemoedig word om hulp te verleen en noodsaaklike inligting aan owerhede verskaf in die stryd teen geslagsgeweld.

Die kabinet het die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, asook die ministerie van binnelandse sake en immigrasie, veiligheid en sekuriteit, opdrag gegee om forensiese eenhede en GBV-eenhede se kapasiteit te verhoog.

Alle kantore, ministeries en agentskappe moet ook in opdrag van die kabinet voorstelle van die tweede nasionale GBV-konferensie implementeer.

Volgens Mushelenga is die bevordering van die polisiëring deur buurtwagte en gemeenskapsnetwerke as deel van die maatskaplike verantwoordelikheid van alle Namibiërs ook deur die kabinet goedgekeur. Voorgestelde maatreëls om die pandemie van geweld teen vroue en kinders in die land hok te slaan, moet ook so gou as moontlik geïmplementeer word.

“Die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn moet die implementering koördineer en vooruitgang wat in die verband gemaak is, aan die raadgewende raad vir geslag onder voorsitterskap van die eerste minister voorlê,” het Mushelenga gesê.

Sekere funksies van die ministerie van geslagsgelykheid is ook na die streekrade van die 14 streke gedesentraliseer. Dit tree 1 Desember in werking. Die funksies sluit in die voorsiening van pensioene, sowel as toelaes vir gestremdes en ook begrafnistoelaes. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer