Geslagsgelykheid: Namibië onder toptien
Namibië is onder die toptien-lande in die wêreld wat gelykheid tussen mans en vroue betref.
Ronelle Rademeyer - Hoewel die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se 2018-indeks vir geslagsgelykheid in 149 lande in die wêreld toon dit gaan 108 jaar neem om die gendergaping uit te wis, vaar Namibië baie goed.
Die indeks toon Namibië is nommer 10 in die wêreld wat geslagsgelykheid betref en vaar beter as Westerse lande soos Frankryk, Denemarke, Duitsland en Brittanje.
In Afrika is dit net Rwanda wat Namibië klop. Suid-Afrika lê 19de in die wêreld, terwyl Ysland die mees gelyke samelewing het. Jemen is in die 149ste posisie die land met die grootste gendergaping.
Hierdie indeks is in 2006 vir die eerste keer vrygestel en meet geslagsongelykheid in lande aan die hand van vier subindekse: vroue se ekonomiese deelname en geleenthede, die opvoedkundige peil van vroue, hul gesondheid en oorlewing, asook hul politieke bemagtiging.
Dit blyk uit die verslag die gendergaping het sedert 2006 maar net met 3,6% tot 68% gekrimp.
In 2018 is vyf nuwe lande by die indeks gevoeg, naamlik die Demokratiese Republiek die Kongo, Irak, Oman, Sierra Leone en Togo.
Van die 144 lande wat in 2017 én 2018 ondersoek is, het 89 lande geringe verbetering getoon en 55 lande het swakker gevaar.
Ysland was in 2018 vir die tiende agtereenvolgende jaar boaan die lys en het die gendergaping al met 85% uitgewis.
Namibië het sedert 2017 met drie plekke gestyg en kon in 2018 vir die eerste keer daarin slaag om onder die toptien-lande in die wêreld te eindig.
Toe die eerste indeks 13 jaar gelede saamgestel is, was Namibië 38ste in die wêreld. Sy verbetering sedertdien met meer as 10%, beteken Namibië kon die gaping tussen geslagte met 79% laat krimp.
Sedert 2013 kon Namibië die gaping op die subindeks vir gesondheid en oorlewing heeltemal uitwis, en is nou vyfde in die wêreld in terme van die politieke bemagtiging van vroue, blyk dit uit die verslag.
Wat die subindekse betref, toon die verslag dat dit die langste gaan neem om die gaping in terme van ekonomiese geleenthede uit te wis, naamlik 202 jaar.
“Die glasplafon is steeds ’n werklikheid, met vroue wat oorgesien word as dit kom by bevordering tot bestuurs- en ander senior poste,” lui die WEF se verslag.
Dit data wat ingesamel is, dui aan net 34% van alle bestuurders in die wêreld is vroue.
Verder blyk dit daar is selfs nou, tydens die vierde nywerheidsrevolusie, steeds groot ongelykheid in professionele beroepe.
Net 23% van professionele lui is vroue, teenoor die 77% mans.
Die gendergaping ten opsigte van politieke bemagtiging sal eers oor 107 jaar uitgewis wees, aangesien daar steeds baie min vroue in politieke rolle is en baie min vroue aan die stuur van lande staan.
Net 18% van ministers in die wêreld is vroue en in ses van die 149 lande is daar geen vroueministers nie.
“Die meeste vroulike staatshoofde is die afgelope 10 jaar verkies, en ondanks hierdie vooruitgang is daar steeds net 17 vroulike presidente en eerste ministers in die wêreld,” lui die verslag.
Die goeie nuus is dat die ongelykheid ten opsigte van onderwys en opvoedkundige geleenthede feitlik uitgewis is en op 95% staan.
Net so is die gaping wat gesondheid en oorlewing betref, ook grootliks uitgewis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie