Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

Blaauw swaai weer septer

13 December 2019 | Regering
Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad gesteek is, is gister weer eens tot die Rehoboth-dorpsraad verkies.

Me. Christina Blaauw is opnuut as die burgemeester van dié beleërde plaaslike owerheid verkies.

Haar adjunk is weer me. Eva Maasdorp.

Die ministeriële verteenwoordiger wat sake op Rehoboth moes regruk, me. Nathalia /Goagoses, het onlangs gesê sy het haarself uit daardie verantwoordelikheid “gedwing”.

Dít kom nadat sy moedeloos geword het oor die gebrek aan verantwoording, sê sy.

Dat geskorste raadslede “net so teruggebring word asof niks gebeur het nie”, blyk die hoofdoring in haar vlees te wees. “Hulle moet aanspreeklik gehou word,” het sy gister gesê.

Mushelenga het in Maart verlede jaar die ganse dorpsraad geskors.

/Goagoses het toe die raad se skorsing onlangs opgehef is, gesê sy kon nie langer aanbly en haar eie beginsels daardeur ondermyn nie.

Haar termyn het amptelik in September ten einde geloop en Oktober het kragtens ’n ooreenkoms met Mushelenga as kennismaand gedien, sê sy.

Blaauw en kie. se termyn het sedertdien verstryk wat gister se verkiesing op die dorp genoodsaak het.

/Goagoses het gesê sy is hartseer oor die stand van sake op Rehoboth. “Die skade wat gedoen is, is groot.”

Volgens haar is haar pogings as ’n grap gesien “en ek is hierdie kant ernstig”.

Mushelenga het toe gesê: “Geliewe kennis te neem dat ek nog geen aankondiging oor die Rehoboth-kwessie gemaak het nie. Dit is voortydig om tot dan op die kwessie kommentaar te lewer.”

Gister het hy bevestig hy het die raadslede onlangs weer aangestel wat deur ’n kennisgewing in die Staatskoerant bekragtig is.

Hy het niks oor gister se verwikkelinge gesê nie.

Blaauw het gister tydens haar bondige inhuldigingstoespraak gesê hulle is gekasty hoewel hulle hul bes probeer het.

Volgens haar bly opgehoopte skuld, onwettige grondbesetting en “grondprivatisering” van die plaaslike owerheid se vernaamste uitdagings.

Sy meen “dis ’n absolute voorreg om herkies te word om te dien as die burgemeester van Rehoboth”.

Die Rehoboth-dorspraad is die afgelope jare pal in die nuus vanweë beweringe oor wanbestuur.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Kauhaie wins the crown

7 ure gelede | Skole

Irene-Mari van der Walt Swakopmund • [email protected] the cancellation of the Mr Teen Swakopmund 2020, the Miss Teen Swakopmund 2020 pageant went ahead at...

Verband tussen voorvalle van verkragting ondersoek

7 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die ooreenkomste tussen twee gruverkragtings die afgelope week in Havana aan die buitewyke van Windhoek kan die werk van reeksverkragters wees.So sê...

World Tourism Day

7 ure gelede | Mense

Michael ShagandjwaThe country should establish more unique heritage attractions that reflect our country’s background. Create an interesting image with reservations that are worth viewing and...

WAP wen Bakpro-kompetisie

7 ure gelede | Onderwys

Windhoek Afrikaanse Privaatskool was die wenners van die Bakpro Back-to-School-kompetisie. Die skool het 14 413 broodsakkies ingesamel en was die wenners van rekenaars en projektors...

Unam students appeal against traditional exams

7 ure gelede | Onderwys

ENZO AMUELEStudents at the University of Namibia (Unam) are in a bitter contest against the writing of traditional examinations.The university recently issued a circular about...

Lower grades back at school

7 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw Grade four, five and six learners were welcomed back at school on last week. The government schools have opted to divide the children...

Star Teacher of the Week

7 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw This week, the My Zone Star Teacher of the Week is Mrs Veneza Memory Rheeder. She has been a teacher since 2003 and...

Westside High represented on local town council

7 ure gelede | Skole

Jhanré PretoriusA brand new Swakopmund Junior Town Council for the year 2020-2021 was inaugurated in August. Two of the 15 members are from Westside High...

The last race is the hardest race

7 ure gelede | Onderwys

A personal accountJOSEFINA ANKONGA The year started smoothly, back then when everything was still normal. We went to school on a daily basis, we...