Geskiedkundige plaasgrond nou Vyfrandkamp
Tanja Bause – Die Vyfrandkamp informele nedersetting buite Okahandja het ’n ryke verlede wat in 1934 op die plaas Otjihua sy ontstaan het.
Die verhaal van die groot wit – nou bruin – huis op Otjihua het in 1934 begin toe mnr. Edward Dahl die hoofbestuurder van die Liebigs Extract of Meat Co. was. Dié maatskappy het sowat vyf miljoen hektaar grond besit, met ’n vleisverwerkingsaanleg op die plaas.
Voor die Eerste Wêreldoorlog het al die bates aan die Deutsche Farmgesellschaft behoort. Nadat die Britte die oorlog in 1928 gewen het, het hulle alle Duitse bates oorgeneem en dit na Liebigs herdoop. Dit is na baron Von Liebig vernoem wat die Liebig-kondenseerder uitgevind het, ’n toestel wat noodsaaklik is om vleisekstrak te maak.
Tot 1934 het die Dahl-familie in die huis langs die groot wit huis gebly.
“Ek was omtrent ses jaar oud toe ons daar gebly het. Mense in Namibië praat steeds oor die vloede van 1934 wat verwoesting in die land gesaai het. Die Okahandjarivier het sy oewers oorstoom en ons huis was omtrent 30 sentimeter onder water,” het mnr. Peter Dahl, Edward se seun, gesê.
Dit het meegebring dat ’n groter huis hoër op en verder van die rivier gebou is.
In 1939 het die oorlog tussen Engeland en Duitsland uitgebreek. Die Unie van Suid-Afrika het die Britte teen die Duitsers ondersteun. Diens in die Suid-Afrikaanse weermag was op ’n vrywillige basis en die regering het hulp aan terugkerende soldate belowe, wat grondtoekennings ingesluit het. Die Suid-Afrikaanse regering het ’n aanbod gemaak om die grond wat in Liebig se besit was, te koop. Die aanbod is aanvaar.
Dahl het met die maatskappy onderhandel om Otjihua te koop en ’n beenmeelaanleg opgerig. Hy het ook met karakoel en Aberdeen Angus-beeste geboer. Hy is egter in 1944 in die ouderdom van 56 aan ’n hartaanval oorlede. Sy vrou het nog tot 1974 in die wit huis gebly tot sy die eiendom aan mnr. Andries Pretorius verkoop het.
“Dit was die begin van donker jare vir Otjihua. Dit het vinnig ’n onsmaaklike reputasie gekry en die naam is na Vyfrandkamp verander,” het Peter Dahl gesê.
Op die oomblik is die Ileni Tulikwafeni-projek onder leiding van me. Kauna Angula in die huis geleë, wat omring is deur die opslaanhuise van Vyfrandkamp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie