• Tuisblad
  • Vervoer
  • Geskiedkundige brug oor Zambezirivier vandag in gebruik geneem
Geskiedkundige brug oor Zambezirivier vandag in gebruik geneem
Geskiedkundige brug oor Zambezirivier vandag in gebruik geneem

Geskiedkundige brug oor Zambezirivier vandag in gebruik geneem

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Kazungula-brug oor die Zambezirivier wat Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe by een grenspos verbind, open vandag.
Dié brug het vyf jaar geneem om te voltooi, sê Botswana se departement van vervoer en kommunikasie in ’n verklaring.
Volgens die Business Insider SA het dit nagenoeg US$269,3 miljoen (digby N$4 miljard) gekos om te bou. Die Afrika-ontwikkelingsbank het dit help finansier.
Die verwagting is dat tot soveel as 250 vragmotors die brug daagliks sal oorsteek.
Die opening van die brug word as ’n mylpaal in die infrastruktuurontwikkeling in Suider-Afrika beskou.
Die opeenhoping van verkeer by die berugte Beitbridge-grenspos tussen Zimbabwe en Suid-Afrika behoort van vandag af te verander, berig Business Insider SA.
“Vragmotors het nou die opsie om via Botswana na Lusaka te reis. Met die brug kan vragmotors van en na Suid-Afrika Zimbabwe heeltemal omseil,” lui die berig.

Foto: Verskaf

Kommentaar

Republikein 2026-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer