Gesin van ses grootvoete na DRK uitgevoer
Die volgende besending olifante sal na verwagting in Junie verskeep word.
Francoise Steynberg - Ses Namibiese olifante is per skip via die Walvisbaaise hawe na die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) uitgevoer.
Volgens ’n verklaring van Namport is die olifantgesin, bestaande uit ’n bul, koei en vier kalfies, Donderdagaand by die Walvisbaaise hawe op die skip El Nino gelaai, wat vir ’n wildpark vir toeriste in Kinshasa, in die DRK, bestem is.
“Dit is die eerste keer dat ’n besending van hierdie omvang met volwasse olifante die land verlaat en dit is beslis nie die laaste nie, aangesien dit ’n proeflopie was om te verseker toekomstige uitvoere verloop glad,” sê Namport se korporatiewe kommunikasiehoof, me. Taná Pesat.
Volgens haar is ’n besending van 205 diere via die Walvisbaaise hawe na dieselfde wildpark in Kinshasa vervoer.
Die volgende besending olifante sal na verwagting in Junie na die DRK verskeep word.
Volgens dr. Ulf Tubbesing van Wildlife Vets Namibia word die diere in reservate vrygelaat waar jag verbode is.
Hy het gesê ’n span kundiges was deurgaans by die diere se reis betrokke en het die olifante vergesel om te verseker daar word na behore na hulle omgesien.
Die hele proses het meer as 20 ure geduur en het 50 personeellede van verskeie rolspelers geverg.
Dit sluit in Namport, die ministerie van binnelandse sake en immigrasie, die ministerie van finansies, Honesta Investment 32 cc, Blue Bush Investment Trading as Wildlife Vets Namibia, KLD Ship Agency, Walvis Bay Stevedoring, Erindi private wildreservaat, Mount Etjo Lodge, El Nino se bemanningslede, Pronto Global Air en Ocean Freight and Camel Transport.
Mnr. Paul Joubert, Erindi se mede-eienaar, het aan Republikein gesê die wildreservaat se toerusting is gebruik om Mount Etjo se olifante te vang.
“Dit is fantasties dat Namibië se wild in ander dele van Afrika hervestig word,” het hy gesê.
Hy het ook verwys na Namibië se witrenosters van ’n private plaas in die Noordweste wat in die Kongolese park gevestig is.
Tubbesing het bevestig dit gaan baie goed met die diere wat reeds na die DRK uitgevoer is en hulle het “aansienlik” voortgeplant.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie