Gesin se lot in regter se hande
Gesin se lot in regter se hande

Gesin se lot in regter se hande

Betogers het die ministerie van binnelandse sake van diskriminasie, skending en teistering teen die LGBTQ-gemeenskap in Namibië beskuldig.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Die lot van die pasgebore tweeling Paula en Maya – wat tans toegang tot Namibië geweier word – is nou in die hande van hoërhofregter Thomas Masuku. Hy sal op 19 April sy uitspraak lewer.

Dit beteken mnr. Phillip Lühl en sy pasgebore dogters sal vir minstens nog 25 dae in Suid-Afrika moet bly, geskei van hul Namibiese familie wat Lühl se tweejarige seun, Yona, sy man mnr. Guillermo Delgado Castañeda en die tweeling se ouma en oupa insluit.

Masuku het gister die dringende aansoek van Lühl, ‘n Namibiese burger, aangehoor wat die hof vra om die ministerie van binnelandse sake te dwing om reisdokumente uit te reik sodat hy sy dogters huis toe kan bring.

Die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Frans Kapofi, weier om reisdokumente aan die tweeling uit te reik op voorwaarde dat Lühl vir ’n genetiese toets gaan om sy biologiese verwantskap aan sy dogters te bewys.

Dit ten spyte daarvan dat hy en Delgado as die ouers van die tweeling op hul Suid-Afrikaanse geboortesertifikate aangegee is.

Masuku het talle kere tydens die hofverrigtinge gister erken as die regstaal opsy gesit word, is die kern van die saak om te besluit wat is in die beste belang van die kinders.

Me. Unomwinjo Katjipuka-Sibolile van Nixon Marcus Public Law Office, Lühl se regsverteenwoordiger, het gesê die saak laat die vraag ontstaan “in watter tipe samelewing wil ons leef en waarna streef ons?”

Sy voer aan hoewel die minister en sy amptenare ontken dat hul besluit verband hou met die geslag van die ouers, is dit ‘n duidelike geval van diskriminasie wat hulle met hul genetiese verwantskapversoek regverdig het.

‘VREEMDE ARGUMENTE’

Sy het beklemtoon die geboortesertifikate wat internasionaal uitgereik is, is nog altyd deur die ministerie van binnelandse sake aanvaar in gevalle waar die ouers ’n reisdokument of immigrasiedokument vir hul kinders wou verkry.

“Die enigste rede hoekom die biologie bevraagteken word, is omdat die ouers beide mans is,” het sy gesê.

Sy het aan Masuku gesê die “vreemde” argumente wat deur die minister van binnelandse sake aangevoer word dat DNS-toetsing nodig is, en om die Suid-Afrikaanse geboortesertifikate te ignoreer, is ’n poging om die ware basis vir hul gedrag en “politieke beweegruimte” te verberg.

Sy het beklemtoon die regte en welsyn van die kinders, soos in die Grondwet, die kinderwelsynwet, en talle internasionale konvensies, moet die primêre fokus wees in die besluit of hulle toegelaat moet word om saam met hul pa huis toe te kom.

Sy het gesê die minister en sy beamptes het die nagevolge van hul besluit op die babas se welstand geïgnoreer.

“As hy die babas enigsins oorweeg het, sou hy begryp het ongeag die uitspraak wat in hul broer se geval afgewag word, is twee kinders hierby betrokke. Dit vereis dat hy die kinders se regte en welstand eerste stel.”

Sy het gesê dit is onseker wat die ministerie hoop om te bereik deur die tweeling toegang tot Namibië te weier.

Sy sê as die tweeling kan terugkeer huis toe, kan die kwessie van hul nasionaliteit deur afkoms later uitgeklaar word, aangesien die gesin op ’n beslissing wag in ‘n saak wat Lühl en sy man namens hul seun aanhangig gemaak het waarin hulle hom as ‘n Namibiër deur afkoms wil verklaar.

TEGNIESE ASPEKTE

Die staatsprokureur Jabulani Ncube ontken dat die besluit van die ministerie diskriminasie is en voer aan die ministerie kom bloot die landswette na.

“Die wet is die wet. Ons staan by die wet,” het hy gesê.

Hy het aangevoer terwyl die belang van die kind belangrik is “moet ons na die wet kyk.” Hy het ook gesê ’n DNS-toets is in hulle beste belang om “te weet wie hulle is.”

Hy beweer as Lühl en sy man die regte kanale gevolg het en ‘n aansoek by die ministerie ingedien het, kon die uitkoms van die besluit anders gewees het. Hy kon nie verduidelik op grond waarvan nie.

Hy sê hoewel die Suid-Afrikaanse geboortesertifikate die ouers van die tweeling identifiseer, moet hierdie dokumente saam met die omstandighede van hul geboorte via surrogaatskap oorweeg word.

Die hof sal ook ‘n beëdigde verklaring wat deur Kapofi ingedien is, in ag neem, waarin hy sê die ministerie “het nie voldoende wetenskaplike bewyse dat (Lühl) die pa is” van sy ouer seun Yona of die tweeling nie.

Hy sê die ministerie weier om die Suid-Afrikaanse geboortesertifikaat in ag te neem, omdat die Namibiese wet “’n ma en ’n pa vereis. Dit is waarom ‘n DNS-toets 'n voorvereiste word vir die aansoeker en minderjarige kinders.”

Hy het aangevoer die toets “is nie op sigself diskriminerend nie”.

MINISTERIE VAN HOMOFOBIE

’n Vreedsame optog het voor die hofverrigtinge plaasgevind, waartydens geëis is dat die minister die tweelinge en hul pa toelaat om terug Namibië toe te kom.

Die betogers het die ministerie van diskriminasie, skending en teistering teen die LGBTQ-gemeenskap in Namibië beskuldig.

“Die Namibian Equal Rights Movement is op Onafhanklikheidsdag gestig. Dit is betreurenswaardig dat ons die beweging 31 jaar ná onafhanklikwording moes stig om nog steeds vir gelyke regte in die land te veg,” het mnr. Omar van Reenen gesê.

Die betogers het ook ’n versoekskrif getiteld “LGBTQ Families Belong Together: #BringPaulaAndMayaHome” met meer as 3 000 handtekeninge aan die ministerie oorhandig.

“Nou 31 jaar ná apartheid het ons nog steeds ministeries wat hul mag misbruik om vrye liefde te misbruik,” het hy gesê.

Hy het hierdie houding as “pateties, grotesk en walglik” beskryf.
[email protected]



FOTO
Betogers het gister die strate ingevaar en eis dat die ministerie die tweeling Paula en Maya toelaat om huis toe te kom. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026