Geriewe vir kwarantyn nie tot een streek beperk
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sal eers gevestigde geriewe ondersoek om te sien of dit gepas en bewoonbaar vir kwarantyn is.
Tans gebruik MoHSS geriewe in die Khomas- en Erongostreek, sê die minister dr. Kalumbi Shangula. Volgens hom is die geriewe nie tot 'n spesifieke area of streek beperk nie.
MoHSS voorsien buiten die akkommodasie ook maaltye en mediese personeel.
Shangula het tydens vandag se mediakonferensie by Staatshuis oor die hokbevel vir Khomas en Erongo wat om middernag in werking tree, nie 'n vraag beantwoord wie die koste vir die 14 dae van kwarantyn dra nie.
Volgens hom staan die aantal bevestigde gevalle steeds op 8 en is dit 'n kontak van die Duitse toeris (3e) geval. Volgens Shangula word nog op die uitslae van nog twee toeriste gewag wat die Suide van die land besoek het.
Die 7e geval is 'n Franse toeris wat ook die Suide besoek het.
Namibia Wildlife Resorts (NWR) het intussen Hobas Lodge waar dié toeris tuisgegaan het, gesluit.
Volgens Shangula is daar genoeg toetse vir Covid-19 in die land en word toetse deur die regering by die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) se laboratorium in Windhoek gedoen. Hy het ook gesê dìe ministerie het genoeg ventilators tot hul beskikking.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie