Genotvolle sport vir alle ouderdomme
Frisbee
Min mense weet waarskynlik dat dit reeds 'n georganiseerde sportkode in Namibië is, maar deelnemers vind dit nogtans baie opwindend.
Ultimate Frisbee, soms ook bekend as Ultimate, is 'n sport sonder kontak tussen deelnemers en word met die bekende vlieënde skyf bekend as 'n frisbee gespeel.
Die kompetisie word wêreldwyd in spanne vir mans, vroue of gemeng gespeel. Die tempo is vinnig en vereis dat spelers hul gooivaardighede met skerpheid ontwikkel en dat hulle ook ratsheid en stamina moet hê.
In formele kompetisies word dit tussen spanne van sewe aan 'n kant beslis, hoewel dit om praktiese redes ook volgens die getal beskikbare spelers aangepas kan word.
In die Namibiese hoofstad is die eerste klub, Windhuckers Ultimate, in 2012 deur 'n groepie vriende gestig. Iets wat hulle in gemeen gehad het, is dat hulle nie in ander sporte tuis gevoel het nie en die nodigheid gevoel het om Ultimate Frisbee oral in Namibië te laat posvat, met Windhoek as die beginpunt.
In die jare sedertdien het die klub aangegroei en moes ook reeds 'n paar keer hul bymekaarkomvenue verander. Sedert die begindae by die velde van Unam (2012-2017), Primêre Skool Eros (2014) en Windhoek Gimnasium (2018) is verlede jaar aanbeweeg na Wanderers sportklub in Pionierspark as hul huidige hoofkwartier.
Windhuckers Ultimate nooi enigiemand wat belang stel om 'n nuwe sportsoort op die proef te stel, deur op Sondae by Wanderers te kom aansluit. Afgesien van gemaklike klerasie word enige ander bykomstigdhede daar verskaf. 'n Instrukteur sal vooraf die reëls van die spel duidelik uiteen sit.
Oefening begin om 15:30, voor 'n kompeterende wedstryd om 16:30. Bring gerus familielede en vriende saam vir 'n genotvolle bedrywigheid om die naweek mee af te sluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie