Gemeenskapswoude: Plunder u00e9n bewaar
Gemeenskapswoude: Plunder u00e9n bewaar

Gemeenskapswoude: Plunder én bewaar

Om hout van gemeenskaps­woude te kap is verbode, en die vervoer en uitvoer daarvan sal binnekort weer eens onwettig wees.
Augetto Graig
Augetto Graig en Jana-Mari Smith



Terwyl 'n verbod op die afkap van bome in die Kavango-Oos en Kavango-Wesstreek, asook die Zambezistreek steeds van krag is, mag boere tot 31 Maart wél gekapte hout vervoer en uitvoer.

Dié verbod is op 26 November verlede jaar deur die ministerie van die omgewing en toerisme ingestel om die onwettige afkap van bome te probeer bekamp.

Die ministerie van landbou, water en bosbou het intussen op 6 Februarie aangekondig boere mag boomstompe en klaar gekapte hout tot 31 Maart nog vervoer en uitvoer.

Intussen is 'n aanlyn petisie op www.change.org opgestel, wat eis die plundering van Namibië se woude moet stop.

Dié petisie het reeds sowat 11 500 ondersteuners.

“Van ons mees bedreigde bome, soos rooshout, word in gemeenskapswoude aangetref,” lui die petisie, wat eis dat die Teenkorrupsiekommissie en die ombudsman ingryp.

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het dié week gesê bosboubeamptes belemmer sy werk.

“Hulle maak my werk baie moeilik – myne en die omgewingskommissaris s'n. Dít is hoekom ek gesê het ek laat die afkap van bome nie meer toe nie,” het hy gesê.

Shifeta het spesifiek na die onwettige uitreiking van oespermitte vir die kap van hout verwys.

“Hulle hou aan permitte sonder ons kennis uitreik,” het hy gesê.

Hy het gesê bosboubeamptes behoort daarvan bewus te wees dat permitte nie sonder 'n omgewingsimpakstudie en klaringsertifikaat van sy ministerie uitgereik word nie.

Die minister het gesê hy oorweeg regstappe teen oortreders van Namibië se bosbouwet, die omgewingsbestuurwet, en die wet op tradisionele owerhede.

“Ek weet nie wanneer ons gaan besef gemeenskappe kry swaar omdat ander hierdie hulpbronne plunder nie,” het hy gesê.

Volgens die ministerie van landbou, water en bosbou se uitvoerende direkteur, mnr. Percy Misika, word uitsonderlike permitte vir die vervoer van hout met die ministerie van die omgewing en toerisme se toestemming uitgereik.



Uitsondering

Misika het benadruk boere mag steeds geen bome afkap nie en bygevoeg sy ministerie het boere van 10 tot 14 Februarie in die betrokke streke besoek en hieroor ingelig.

Misika het gesê plaaseienaars en kontrakteurs wat by die kap van hout betrokke is, kwalifiseer vir dié uit­sondering.

Volgens hom sluit dit sowat 400 plaaseienaars en wettige bewoners van dié plase in, maar “dit is moeilik om te sê presies hoeveel hout reeds voor November 2018 gekap is”.

Een voorbeeld van so 'n permit, wat deur die ministerie van landbou, water en bosbou uitgereik is, wat op sosiale media verskyn, is die een wat op 26 Februarie aan Winfield Investments, van die Jiangsustreek, in die Zhang Jiagang-gebied op die Zlang Shan-noordpad in China uitgereik is.

Dít vir die vervoer van 18,4 m³ se rooshout.

Dié onderneming se vragmotor het Saterdag omstreeks 04:00 op pad van Katima Mulilo af op Grootfontein omgeslaan, vermoedelik omdat dit oorlaai was. Hierná het die kwessie van hierdie spesifieke permit in die openbare sfeer beland.

Volgens Misika bereken die ministerie­ die hoeveelheid gekapte en uitgevoerde bome deur data oor uitgereikte permitte te ontleed.

Houtkappermitte verleen toestemming vir die kap van tussen 600 en 1 200 bome op 'n spesifieke plaas, het hy gesê. “Dit is belangrik om te weet nie alle oeste waarvoor permitte uitgereik is, is uitgevoer nie,” het hy gesê.

“Die staking van houtkap en vervoer verlede jaar het beide ministeries die kans gegun om sekere kwessies in dié verband aan te spreek,” het Misika gesê. “Dit het beamptes ook die geleentheid gegee om die getal houtverwerkingsaanlegte te bepaal en te monitor,” het hy gesê.

Volgens Misika is die status van beskermde gemeenskapswoude aan sekere woude verleen.

“Omdat die bevolking groei, is sekere woudgebiede onder druk weens 'n toenemende behoefte aan ander gebruike vir grond soos landbou, weilande, nedersettings en die oes van hout,” het Misika gesê.

“Meer as 40 Namibiese gemeen­skapswoude word deur wetgewing beskerm,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%