Geloftefees op Bakenkop
Geloftefees op Bakenkop

Geloftefees op Bakenkop

Tanja Bause
Tanja Bause



Vanjaar word die ­Bakenkop Geloftefees op 16 en 17 Desember op die ­gelyknamige plaas aangebied en ­almal is welkom om die ­geleentheid by te woon.

Vrydag is die gedenk- en kinder­diens­ en Saterdag word die familiedag gehou wat die aand met musiek en ''n braai afgesluit word.

Die geloftefeesherdenk die slag van Bloedrivier.­ Dit word beskryf as ''n “volksfees, ''n ­gods­dienstige fees, ''n dankfees en ''n verbondsfees” wat die slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 in die huidige KwaZulu-Natal in Suid-Afrika herdenk. Altesame 470 Voortrekkers­ het op die dag teen tussen 10 000 en 15 000 Zoeloes oorlog gevoer.

Die speletjies wat tydens die geloftefees­ gespeel word, is ''n mengsel van oud en nuut wat ­kettieskiet, klipgooi, eier- op-die-lepel, tafeltennis, kussinggevegte, ­appelhap, jukskei, en ''n waatlemoengeveg insluit.

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer