Geliefde roubeklaer oorlede
Geliefde roubeklaer oorlede

Geliefde roubeklaer oorlede

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee

'n Bekende inwoner van die Ou Lokasie en Katutura, me. Kaki Sabine Mbaha (72), is Vrydag in Windhoek oorlede.

Dié 72-jarige het haar inkomste verdien deur koerante en tydskrifte te verkoop en was jare lank by Woermann Brock in Klein-Windhoek gestasioneer.

Mbaha was bekend vir haar naasteliefde en het 'n punt daarvan gemaak om waar sy kon, mense in Windhoek se westelike woonbuurte te ondersteun wanneer hulle of hul gesinne deur die dood geraak is.

“My ma het gelewe vir ander. Dit het nie vir haar saak gemaak van watter nasie die mens is of wat sy omstandighede is nie. As daar 'n begrafnis was, was sy daar om die familie te ondersteun en die jongmense te leer van die verskeie tradisies en wat elk vereis,” vertel mnr. Benestus Kandundu, voormalige Nudo-stadsraadslid vir Katutura.

“Sy was die tipe persoon wat kon lei in tye van hartseer en stryd en ons is trots dat sy so 'n mensemens was,” het hy gesê.

Mbaha het grootgeword in die Ou Lokasie en sal eerskomende Saterdag in die Ou Lokasie-begraafplaas ter ruste gelê word.

Vir navrae, kontak Kandundu op 081 260 8066.

Foto Verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer