Geliefde dokter verdrink in see by Kleinmond
Henriette Lamprecht
'n Geliefde dokter wat vir jare as ortopediese chirurg in Windhoek werksaam was, is die naweek op 'n gewilde vakansiedorp in die Wes-Kaap dood nadat fratsgolwe hom en sy seun van 'n rots afgeslaan het.
Die 63-jarige dr. Mike Opitz se dood Saterdag op Kleinmond kom enkele weke nadat hy afgetree het en hom in die Kaap gevestig het.
Opitz was die afgelope nege jaar as konsulterende ortopediese chirurg by Mediclinic in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate betrokke.
Voor dit het hy diep spore in die mediese gemeenskap en ook onder Namibiërs getrap en hegte vriendskappe tydens sy diens as ortopediese chirurg in Windhoek gesmee.
'n Goeie vriend van Opitz, dr. Ludwig Walters, het hom as 'n “baie goeie vriend en kollega” beskryf.
Volgens Walters het Opitz in Desember by sy werkgewer in Dubai kennis gegee en was Maart sy laaste maand hier voor hy afgetree het.
Hy het na Suid-Afrika en die Kaap teruggekeer waar sy vrou gewoon het en het op 6 April 'n Namibiese draai gemaak om 'n voertuig en kamptoerusting wat nog hier was, na Suid-Afrika te neem.
Nóg 'n oudkollega en vriend, dr. Hans-Jurgen Wormsbacher, was vol lof vir die mens en dokter wat Opitz was.
“Hy was 'n fantastiese ou, 'n baie goeie mens en 'n stand-up guy.”
Die Burger het vroeër berig Opitz het saam met sy gesin in die Kaap vakansie gehou. Volgens 'n inwoner van Somerset-Wes, mnr.Alec Mackenzie (30), en die man wat die onstuimige see by Kleinmond aangedurf het om Opitz te probeer red, het die gesin deur die dorp gery en by 'n rots gestop.
Volgens Mackenzie is Opitz en sy seun albei deur 'n brander omgeslaan.
“Die seun het uitgekom, maar ná nog twee of drie branders was dit duidelik die pa kon nie uitkom nie,” het Mackenzie aan Die Burger gesê.
Mackenzie het sowat 400 m met 'n lyfplank en een paddavoet die see ingeswem om Opitz te probeer red.
“Ongelukkig kon ons hom nie lewend uitkry nie, maar die lyk is teruggebring sodat die familie darem 'n behoorlike begrafnis kan hou. Dit is vir my die een troos.”
Mackenzie het sowat 'n halfuur by Opitz se liggaam in die see gewag tot die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) opgedaag het. Volgens hom kon hy sien Opitz het ernstige beserings opgedoen voor hy verder die see ingedryf het.
Verskeie pogings om hom by te bring, het misluk.
Opitz word deur sy vrou, twee dogters en 'n seun oorleef.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie