Gelekte vraestelle kos ministerie miljoene

Net die binnelandse vervoer van die vraestelle vir 10 vakke vir graad 11 wat in Brittanje oorgedruk moes word, het die ministerie N$8 miljoen uit die sak gejaag.
Elizabeth Joseph
Elizabeth Joseph – Die nadraai van die grootste eksamenbedrog in Namibië se geskiedenis kos die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sowat N$14 miljoen om reg te stel.

Einde verlede jaar het eksamenvraestelle in verskeie vakke bestem vir graad 11’s en 12’s uitgelek en die eksamens is gevolglik tot vanjaar uitgestel.

Die ministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, sê die ministerie sal sowat N$14,1 miljoen vir die herskryf van die eksamens vir beide die Senior Sekondêre Sertifikaat gewone vlak (NSSCO) en graad 12 bestee.

Die landwye vervoer van die vraestelle vir tien vakke wat vir graad 11 gedruk en na al 14 streke versprei is, het die ministerie N$8 miljoen uit die sak gejaag.

Die herdruk van die vraestelle vir vyf vakke vir graad 12 het N$2,5 miljoen gekos. Die totale vervoerkoste van die vraestelle uit Brittanje na Namibië was N$3,6 miljoen.

Volgens Steenkamp moes die ministerie nog nooit tevore so ’n groot dilemma en “skande” hanteer nie.

“Dit sluit akademiese diefstal en ander korrupte praktyke soos die verkoop van vraestelle in,” het sy gesê. Volgens haar is die nasionale eksamens ’n omvattende proses wat verskeie fases behels en wat verskeie kundiges of rolspelers op beide plaaslike en internasionale vlak insluit.

Sy het beklemtoon die ministerie reken die veiligheidsmaatreëls wat sedertdien ingestel is, word noukeurig toegepas.

“Ons het onmiddellik stappe gedoen om die kwessie te hanteer. Ten spyte van die finansiële implikasies is ons tevrede dat al die nodige stappe gevolg sal word om die beweerde skuldiges verantwoordbaar te hou,” het Steenkamp gesê.

Die herskryf van vakke vir graad 11 het Maandag begin en duur tot 21 Januarie. Die graad 12-vakke kom vanaf 7 tot 15 Februarie aan die beurt.

Steenkamp het beklemtoon die ministerie het die nodige hulpbronne toegewys om te verseker enigiets wat die nasionale eksamens kan kortwiek, word in die kiem gesmoor.

“Die ministerie sal voortgaan om beheermaatreëls te ontleed. Die risiko- en beheergrafiek is reeds van nuuts af deurgewerk om die snellerpunte te identifiseer en alle moontlike skuiwergate toe te maak. Ons slaan die beginsels van integriteit en uitnemendheid hoog aan,” het Steenkamp gesê.

Die beweerde meesterbrein agter die uitgelekte vraestelle, ’n onderwyseres verbonde aan die Hoër Tegniese Skool (HTS) in Windhoek, me. Maria Toivo (47) se eerste hofverskyning was kort voor Kersfees in Windhoek saam met haar medebeskuldigde, Namutenya Hamukuto (26).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.00/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.75% | Zinc US$ 2 871.90/T UP 0.61% | Brent Crude Oil US$ 89.12/BBP UP +0.25% | Platinum US$ 912.16/OZ DOWN -0.0041 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.00/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.75% | Zinc US$ 2 871.90/T UP 0.61% | Brent Crude Oil US$ 89.12/BBP UP +0.25% | Platinum US$ 912.16/OZ DOWN -0.0041