Geldwassery by SME Bank oopgekrap
Geldwassery by SME Bank oopgekrap

Geldwassery by SME Bank oopgekrap

Groot bedrae geld is heen en weer tussen SME Bank-rekeninge rondgeskuif sonder dat onraad gemerk is.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Die hoërhof het Omulunga Capital Investments CC, waarvan die Zimbabwiër, mnr. Cosmas Mushininga, die enigste direkteur is, onder voorlopige likwidasie geplaas nadat dié besigheid geld onwettig uit die SME Bank laat wegsyfer het.

Die hof het Vrydag gelas die besigheid word nie finaal gelikwideer nie, aangesien die likwidateurs hoop om steeds iets uit Mushininga te kry. Luidens hofdokumente wat ingedien is, besit hy geen bates in Namibië nie. Sy bankstate in die land toon ‘n gekombineerde saldo van skaars meer as N$18 000.

Die eerste eis teen Omulunga Capital is vir ‘n uitstaande lening van N$5,5 miljoen met rente van 20% per jaar. Die likwidateurs, mnre. David Bruni en Ian McLaren, kon geen dokumente vind vir die bestaan van ‘n geskrewe leningsooreenkoms nie. Volgens hulle kon dié bedrag “heel moontlik gesteel wees”.

‘Geldwasmasjien’

Die likwidateurs sê Mushininga was een van die ontvangers van N$79,8 miljoen by SME Bank. Dié geld is aan die kontantoordragmaatskappy en “geldwasmasjien”, Asset Movement and Financial Services CC (AMFS), in Suid-Afrika oorbetaal.

Alle betalings van AMFS na Omulunga was onder die aanvoering van die kantoor van mnr. Tawanda Mumvuma, die voormalige uitvoerende hoof van SME Bank. Hy het die “doel” van dié oordragte as “beleggings” in Mamepe Capital Asset Managers aangedui. Mamepe is ‘n swartbemagtigings- finansiëledienstemaatskappy in Suid-Afrika. Mnr. Kotane Mauwana, wat sterk politieke bande het, is die hoof van dié maatskappy.

Niks van die geld is egter aan Mamepe oorbetaal nie. Inderwaarheid is dit gesteel, sê die likwidateurs.

Die voormalige finansiële hoof van SME Bank, mnr. Joseph Banda, het nie oorbetalingsinstruksies aan AMFS onderteken nie, het die likwidateurs bevind. Banda is familie van Mushininga en hulle het dieselfde adres in Kleine Kuppe in Windhoek gehad.

Mushininga het op 28 Januarie 2016 in Namibië aangekom – dieselfde dag waarop ‘n besoekersvisum aan hom uitgereik is. Op dié dag het hy by SME Bank vir ‘n besigheidspaarrekening vir Omulunga Capital aansoek gedoen.

Op 1 Februarie 2016 het Mushininiga vir nóg ‘n bankrekening by SME Bank aansoek gedoen.

Dubai-bande

‘n Dubai-gebaseerde maatskappy wat edelmetale verhandel, Aulion Global Trading DMCC, het op 21 Januarie 2016 ‘n kwitansie van N$64,5 miljoen aan Omulunga Capital uitgereik.

Op 26 Januarie 2016 het ene mnr. Howie Baker van Pivot Capital (Pty) Ltd die enigste direkteur van AMFS, me. Kalandra Viljoen, opdrag gegee om N$7,1 miljoen na ‘n SME Bank-rekening by Standard Bank oor te plaas. Die verwysing by dié transaksie was Omulunga Capital Investments.

Op 27 Januarie 2016 het AMFS dié bedrag oorgeplaas. Dit is later na Omulunga Capital se rekening by SME Bank oorgeplaas ná ‘n e-posopdrag van Mushininga aan me. Beatrice Kahunda, die voormalige hoof van uitvoerende bankdienste by SME Bank.

In die hofdokumente sê die likwidateurs Kahunda was “nóg ‘n ontvanger van AMFS van SME Bank se gesteelde geld”.

Ander betalings

Verdere betalings het dieselfde paadjie gevolg – geld is van AMFS na SME Bank-rekeninge by Standard Bank en FNB Namibia oorbetaal. Dan is dit via bankrekeninge van Omulunga Capital Investment by SME Bank “gewas” en na Aulion Global Trading DMCC in Dubai oorgeplaas.

Totale betalings wat deur AMFS gemaak is, beloop N$26,2 miljoen, en altesaam N$25,7 miljoen is aan Aulion Global Trading DMCC oorbetaal.

In Junie 2016 is sowat N$4,6 miljoen ook aan Aulion Global oorbetaal ná dit deur vier verskillende rekeninge van Omulunga by SME Bank en Standard Bank beweeg het.

In Julie 2016 is nóg N$4,5 miljoen via ‘n FNB-rekening na een van Omulunga se rekeninge by SME Bank inbetaal. Die oorsprong van dié geld is as Aulion Global aangedui.

Ongeveer N$4,4 miljoen het tot 7 September 2016 in Omulunga se rekening by SME Bank gebly.

Op dié dag is N$4,2 miljoen na Aulion Global oorgeplaas.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026