Geldnood ry CoW bloots
Drastiese maatreëls is op die tafel om die Windhoekse stadsraad uit sy finansiële verknorsing te probeer help.
Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) loop die gevaar om van sy geboue te verloor as hy nie dringend nagenoeg N$1 miljard in nie.
CoW het onmiddellik onder meer sowat N$600 miljoen nodig – net om sy oortrokke bankrekening te diens.
’n 90-dagnoodplan is tans op die tafel om dié doelwitte te help verwesenlik.
Republikein is in besit van die notule van ’n hoogs vertroulike strategiese bestuurskomiteevergadering wat op 20 Februarie plaasgevind het.
Op dié platform is besluit departementshoofde moet teen Woensdag aan mnr. Robert Kahimise, die uitvoerende hoof, hul departementele aksieplanne voorlê.
’n Opvolg- strategiesekomiteevergadering word vir eerskomende Vrydag beplan, waartydens alle departemente se noodplanne na verwagting versoen sal word.
Luidens die notule moet die saamgestelde noodplan volgende week op ’n spesiale bestuurskomitee- en raadsvergadering vir oorweging dien.
Die noodplan moet teen 19 Maart amptelik in werking gestel word, lui die dokument.
Van die noodmaatreëls sluit onder meer in om:
· ’n finansiële plan aan Development Bank of Namibia (DBN) voor te lê vir ’n lening van tot N$500 miljoen;
· ’n ontleding voor te berei van al die verwagte verdienste uit openbare-private vennootskap-ontwikkelings;
· Arrebusch en ander persele, wat tans verhuur word, dadelik te verkoop;
· Ramatex, behalwe Rhino Garments, van die hand te sit;
· skulduitruilings ten bedrae van N$300 miljoen te doen;
· salarisverhogings vir ’n jaar te verbeur wat tot ’n besparing van tussen N$70 miljoen en N$100 miljoen sal lei en
· Paaltjies se ontwikkeling te bespoedig om moontlike beleggers te lok.
In dié stadium bestee CoW sowat N$124 miljoen op salarisse per maand. Dit verteenwoordig sowat N$1,4 miljard per jaar.
Republikein verneem op goeie gesag Kahimise het Donderdag met die raad vergader om die 90-dagplan aan hulle te smous.
Die raad het glo egter die plan afgeskiet. “Volgens gerugte wil die raad vir Kahimise frustreer,” sê dié onberispelike bron.
Kahimise, wat verlede jaar alleen twee keer geskors is, staar tans tugstappe in die gesig ondanks ’n bevel van staatshuis dat alle klagtes teen hom laat vaar moet word.
CoW het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, die vergadering op 20 Februarie bevestig.
Volgens hom is idees gedeel “oor moontlike ingrypings om geld te maak met die doel om die skuld by die bank af te betaal”.
Hy sê CoW se geboue is op die spel weens die hoë bankskuld. “Daar moet nog ’n opvolgvergadering kom oor die 90 dae om vas te stel waar ons moet begin met die ingryping,” het Akwenye gistermiddag aan Republikein gesê.
Die notule, wat 16 bladsye beslaan, sê CoW moet voorts oorweeg om kliënte wie se rekeninge vir 30 dae uitstaande is, se dienste op te skort “om meer kontant te kry”.
In dié stadium kan CoW geen aanvullende skuld aangaan nie “sonder om drastiese stappe te doen teen uitgawes en korttermynlaste nie”.
Daar is ’n behoefte om te kyk na projekte onder bedryfsuitgawes om dit dalk te vertraag om uitgawes te verminder, lui die notule.
Deel van die noodplan is ook om betalings aan groot krediteure, soos NamPower, “as ’n korttermynplan” uit te stel.
Rente op dié rekeninge moet die probleem word van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, lui die plan.
CoW moet ook oorweeg om die betalingstydperk vir krediteure wat nie rente hef nie, te skuif van 30 dae tot 60 dae.
Om die druk op die verlofrekening te probeer verlig, moet werknemers gedwing word om drie weke se aaneenlopende opgehoopte verlof te neem, lui die plan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie