Geld rol vir ramp

Miljarde om ekonomie te stimuleer

02 April 2020 | Regering
Jo-Maré Duddy – Die regering se N$8-miljardvoorskrif teen die ekonomie se Covid-koors is gister deur ekonome verwelkom, veral omdat dit amptelik as die eerste fase van verligting beskryf is.

“Dit suggereer dat nóg ingrypings in die nabye toekoms aangekondig gaan word,” sê Cirrus Securities.

In die ekonomiese stimulerings- en verligtingspakket wat deur mnr. Iipumbu Shiimi by Staatshuis aangekondig is, verwys die nuwe minister van finansies na die “eerste fase” om die “ongekende” ekonomiese lyding van die “eerste” 21 dae van inperking hok te slaan.

Dit sluit ‘n rits maatreëls in – van inkomstetoelae van huishoudings wat seergekry het (sien infografiek) tot besighede wat kan onderhandel dat werkers tydelik met kleiner salarisse en lone tevrede moet wees.

“Dit is ‘n reuseverligting om ons regering so pro-aktief te sien,” het IJG Securities reageer.

Die Shiimi-span, wat uit kenners uit die regering en die private sektor bestaan, se totale pakket verteenwoordig rofweg 4,5% van Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) vir 2019-’20, sê Cirrus.

Hiervan gaan N$5,9 miljard in huishoudings en besighede ingepomp word, terwyl N$2,2 miljard regeringswaarborge is.

‘Innoverend’

Besighede en individue wat belasting en inkomstebelasting betaal en onder ‘n verlies van inkomste gebuk gaan, kan vir ‘n lenings by handelsbanke aansoek doen wat deur die regering gewaarborg word.

Sulke lenings is gelykstaande aan ‘n maand se belasting wat in die vorige belastingjaar betaal is. Dit moet binne ‘n jaar teen ‘n rentekoers van prima minstens 1% - dus 8% tans – terugbetaal word.

Vir huishoudings is die regering bereid om tot N$1,1 miljard in totaal te waarborg en vir die sakesektor N$470 miljoen in totaal.

Cirrus sê die waarborge, of befondsing buite die balansstaat, is ‘n “innoverende” manier om kontantvloeidruk op die regering te verlig, wat reeds begrotingspyne het.

Kontantvloei

Shiimi het gesê die uitbetaling van terugbetalings van belasting op toegevoegde waarde (BTW) gaan versnel word. So ook eise oor BTW-dispute. Sodoende gaan N$3 miljard binne ‘n week in die ekonomie vloei.

Agterstallige rekeninge aan regeringsverskaffers en rekeninge waaroor ‘n dispuut bestaan, gaan ook vining betaal word. Dit gaan die sakesektor se koffers met N$800 miljoen vul.

Hoewel dié uitbetalings die kontantvloei van besighede sal verbeter, het die regering in elk geval reeds dié geld aan die sakesektor geskuld, sê Cirrus.

Begroting

Beide Cirrus en IJG sê die verligtingspakket gaan uiteraard druk op Namibië se nuwe begroting plaas.

Die begrotingstekort sal vergroot met besteding wat gaan toeneem en inkomste wat na verwagting “dramaties” gaan afneem, sê Cirrus.

IJG sê dit gaan “baie druk op die fiskus in die toekoms sit, maar in noodgevalle soos dié geld die normale reëls nie”.

Cirrus meen die bestaande pakket gaan nie “veel” doen om die maatskaplike en ekonomiese impak van Covid-19 oor die komende maande te versag nie. Dit is aansienlik kleiner as pakkette van tussen 10% en 20% van BBP wat deur baie ander lande van stapel gestuur is.

Hopelik gaan die regering geteikende maatreëls instel om die land se uitvoerbedrywe ook te ondersteun, sê dié ontleders.

“Namibië moet voortgaan om buitelandse valuta te verdien om ons reserwes op te bou en prysstabiliteit in dié moeilike tye te handhaaf,” sê Cirrus.

“Dit is lewensbelangrik dat ons nóg regeringsingryping sien om die storm te oorleef,” sê Cirrus.

[email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

1 uur gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

2 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

2 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

2 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

2 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...