Gelant maak buiging vir Stormers
Rugby
Stephen Nell – Warrick Gelant, die Stormers se Springbok-heelagter-aanwins, maak Saterdag sy buiging vir die Kapenaars in hul “Superfan”-rugbywedstryd teen die Leeus op Loftus Versfeld in Pretoria.
Gelant is een van sewe Bokke in die beginspan. Die ander is Damian Willemse (losskakel), Herschel Jantjies (skrumskakel), Siya Kolisi (flank en kaptein), Frans Malherbe (vaskopstut), Scarra Ntubeni (haker) en Steven Kitshoff (loskopstut).
Nóg ’n Bok, die Wêreldbeker-haker Bongi Mbonambi, is op die plaasvervangersbank.
Volgens John Dobson, die hoofafrigter, is die spelers opgewonde om vir die eerste keer sedert Maart vanjaar op die speelveld te kom.
“Spelers, afrigters en ons ondersteuners is almal honger vir rugby, so ons kan nie wag om die volgende tree te neem in ons bouproses vir wanneer die nuwe kompetisie in Oktober begin nie,” sê hy in ’n nuusverklaring.
“Almal het baie hard gewerk om tot by hierdie punt te kom. Dit gaan puik wees om ons hoëprofielspelers weer op die veld te sien, maar ons is ook opgewonde om te sien hoe van die nuwe gesigte teen ’n sterk Leeus-span gaan vaar.”
• Die Stormers-span is:
Warrick Gelant, Leolin Zas, Dan du Plessis, Rikus Pretorius, Seabelo Senatla, Damian Willemse, Herschel Jantjies, Juarno Augustus, Ernst van Rhyn, Siya Kolisi (k), JD Schickerling, Salmaan Moerat, Frans Malherbe, Scarra Ntubeni, Steven Kitshoff.
Reserwes: Bongi Mbonambi, Leon Lyons, Neethling Fouché, Chris van Zyl, Nama Xaba, Hannes Gouws, Paul de Wet, Tim Swiel, Michal Hazner, Angelo Davids, Tristan Leyds.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie