Gekaramelliseerde druiweblatjang
Marais van der Merwe
||Kharasstreek
Bestanddele
1 ui, fyngekap
2 t olyfolie
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 stokkie vars roosmaryn
500 g pitlose druiwe
4 t bruinsuiker
¼ koppie balsamiese asyn
½ koppie port
sout en peper na smaak
1 rooirissie (opsioneel)
Só maak jy
Braai die ui, roosmaryn, rissie en knoffel in olyfolie tot sag.
Voeg druiwe by en braai vir ‘n verdere minuut.
Voeg suiker stelselmatig by sodat die bestanddele kan karamelliseer.
Meng die port en balsamiese asyn stadig in.
Voeg sout en peper na smaak by.
Laat vir ongeveer 30 tot 40 minute prut.
Koel die blatjang heeltemal af.
Bêre en seël in ou bottels.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie