Geingob verwelkom SADC-staatshoofde
President Hage Geingob het vanoggend amptelik sy mede-staatshoofde by die 38ste SADC-beraad in Windhoek verwelkom.
Die Suid Afrikaanse president, mnr. Cyril Ramaphosa, Angola se mnr. João Lourenço, mnr. Paul Kagame, leier van die Afrika-unie (AU) en mnr. Moussa Faki Mahamat, die AU-voorsitter, is onder andere by die naam genoem in Geingob se toespraak.
Die Namibiese president, wat môre die voorsitterskap van SADC oorneem, het Namibië as die tweede tuiste van die leiers beskryf vanweë die geskiedenis van ondersteuning van tydens die vryheidstyd.
SADC is ook 26 jaar gelede in Windhoek geskep, het hy hulle herinner. “Namibië sal ernstig voortgaan om die SADC-agenda van industrialisasie en streeksintegrasie, wat uiters belangrik is vir volhoubare ontwikkeling en die uitwissing van armoede, te bevorder. Ons sal poog om 'n bevorderlike omgewing vir ekonomiese ontwikkeling en voorspoed te skep,” sê Geingob.
Die klem van dié jaar se beraad val spesifiek op infrastruktuurontwikkeling en jeugbemagtiging. Geingob sê “om die enorme potensiaal van ons jeug en hul demografiese dividend te ontgin, moet ons binne ons ekonomieë die nodige geleenthede vir sosiale en ekonomiese transformasie skep.”
In hierdie foto sien ons hoe Geingob al gisteraand sy vriend, mnr. Joseph Kabila, by Staatshuis verwelkom het. Kabila sal vandag van SADC afskeid neem aangesien hy as president van die Demokratiese Republiek van Kongo gaan uittree ná die verkiesing in Desember.
Foto @NamPresidency

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie