Geingob vergader met Nanso oor studiegeld
Me. Ester Simon, president van die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso), het pas bevestig die organisasie vergader vandag by Staatshuis met pres. Hage Geingob oor onder meer die kwessie van finansiële ondersteuning van Namibiese studente.
Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het vandeesweek aangekondig hulle kan net sowat 3 000 nuwe studente vanjaar met studiegeld help.
Dié 3 000 sluit geen beroepsopleiding- of nagraadse studente in nie.
Volgens die hulpfonds is meer as N$1 miljard uit hul begroting van N$1,1 miljard nodig om met die ondersteuning van hul huidige begunstigdes voort te gaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie