Geingob tree toe tot virusstryd
Gister se kabinetsvergadering is opgevolg met ’n besoek aan die hoofstad se twee staatshospitale.
Augetto Graig – President Hage Geingob het gister persoonlik toegetree om die erns van die nasionale stryd teen Covid-19 tuis te bring.
In ’n spesiale kabinetsvergadering is die nasionale beleid teen die pandemie bespreek, waarna die staatshoof die vordering met die uitbreiding van geriewe vir Covid-behandeling by Katutura staatshospitaal en die Sentrale Hospitaal gaan besigtig het.
“Vandag het ek in die kabinetsvergadering genoem ek wil die situasie kom aanskou, dat hulle my wys wat reeds gedoen is. Nie net die geboue of die hospitale nie, maar wat ’n mens daarmee doen. Dit gaan oor jou gesondheid.
“Ons pleit dat elkeen vir jou eie veiligheid verantwoordelikheid aanvaar. Sorg vir mekaar en voldoen aan die maatreëls wat nodig is. Bly by die huis. Was jou hande, en asseblief, vir jou eie onthalwe, ons is in die ergste van die pandemie, wat ons nooit verwag het nie. Miskien is dit ook die koue, maar asseblief, luister,” het hy by die Katutura staatshospitaal gesê.
Die mediese superintendent by Katutura-hospitaal, dr. Nelago Amagulu, het Geingob vergesel op die perseel waar die bouwerk daagliks tot skemer en selfs halfdae op Sondae voortgaan.
Langs die verpleegstersaal waar inentings gedoen word, word ’n gebou omskep in respiratoriese eenheid nr. 2, waar 46 beddens ingerig sal word om matige, ernstige en kritieke Covid-pasiënte te behandel. Die eenheid behoort binne die volgende twee weke funksioneel te wees, sê sy.
Daarna, indien nodig, sal die verpleegstersaal omskep word in ’n 42-bedperseel en die inentings sal elders verskuif, sê sy.
Aan die ander kant van Katutura-hospitaal sal werk volgende week aan nog ’n 100-bedgerief begin. Die hospitaal bied reeds 74 beddens in sy eerste respiratoriese eenheid, 64 beddens op die vierde vloer en 24 beddens in die militêre hospitaal tussen Katutura- en Sentrale hospitaal, vir behandeling van Covid-pasiente.
Alles hiervan, plus die 60 beddens in sentrale hospitaal se afdelings 1 Oos en 2 Oos, is reeds beset, sê sy. Nog ’n afdeling met 30 beddens word in Windhoek Sentraal voorberei.
Amagulu dring nogtans aan dat inenting die enigste blywende oplossing is. “Inenting werk,” sê sy. Vir haar is dit hartseer dat Namibië sit met entstowe wat sal verval indien dit nie gou genoeg gebruik word nie. “Help jul gesondheidswerkers en kom staan in die ry om ingeënt te word,” pleit sy.
Shangula stem saam: “Die oorlog teen Covid-19 sal nie in die hospitaal gewen word nie. Dit moet in die gemeenskap met openbare gesondheid gewen word. Ons sien hoe die hospitale oorweldig word. Die front van die oorlog het verskuif, maar ons moet die stryd daar buite neem en in ons gemeenskappe wen,” sê hy.
– [email protected]
FOTO
Dr. Nelago Amagulu praat met president Hage Geingob oor bouwerk om Covid-19 behandeling geriewe by die Katutura staatshospitaal uit te brei, terwyl bouers agter hulle voort werk. Foto Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie