Geingob stel skoonmaakdag uit
Augetto Graig - Pres. Hage Geingob het aangekondig sy nasionale skoonmaakdag sal nie meer op 1 Mei plaasvind nie, maar op 25 Mei wanneer Afrikadag gevier word.
Die eerste dag van Mei word wêreldwyd as Werkersdag en die besluit om dié dag vanjaar vir 'n nasionale skoonmaakveldtog aan te wend, is nie goed aanvaar nie.
Volgens 'n verklaring deur die presidensiële perssekretaris, dr. Alfredo Hengari, wil Geingob nie die indruk skep dat hy die aandag van Meidag wil wegneem nie.
Die president het die skoonmaakdag al in Oktober 2017 voorgestel en ná sy 29 Desember 2017-besoek aan nedersettings in Windhoek in opvolg van die uitbreking van Hepatitis E in die hoofstad, het Geingob op 12 Maart aangekondig die 1 Mei die dag is waarop die groot skaanmaak gaan plaasvind.
"Die heroorweging kom ná eksterne druk deur die arbeidsbeweging met betrekking tot die keuse van daardie datum,” sê Hengari. "Geingob voel die arbeidsvakbonde was noodsaaklik vir die land se stryd om onafhanklikheid," sê hy.
Foto: Argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie