Geingob soek steeds 'n nasionale voedselbank
Ronelle Rademeyer - Een van die groot uitdagings wat Namibië ten spyte van vrede en vooruitgang in die gesig staar, is armoede en die groot getal mense op die platteland en in stedelike gebiede wat steeds nie genoeg kos het om te eet nie.
Die eerste minister dr. Hage Geingob meen 'n nasionale voedselbank wat deur die boere van Namibië van voedsel voorsien word, is die oplossing.
Hy het op 24 Oktober tydens die eerste informele en openhartige gesprekgeleentheid met boere en sakelui in Windhoek gesê boere kan " twee of so beeste per jaar skenk" . " 'n Voedselbank wat behoorlik bestuur word, is die antwoord. Ons moet oorlog verklaar teen armoede."
Geingob het tydens verlede jaar se erge droogte reeds die vestiging van 'n voedselbank voorgestel en gesê welgesteldes moet bydraes maak vir die armes.
Die gesprek wat deur sowat 600 mense bygewoon is, is deur die Swapo-LP mnr. Pieter van der Walt gereël in 'n poging om boere en die regering nader aan mekaar te bring en saam te laat werk om oplossings vir probleme in die land te vind.
Geingob het daarop gewys dié gesprek moes lankal plaasgevind het.
" Om 'n nasie te bou, is soos om 'n huis te bou. Die land se mense is die boustene en die wette is die sement wat alles aanmekaar hou. As ons die huis klaar gebou het, verf ons dit in ons nasionale kleure en ons woon daarin as een familie."
Hy het daarop gewys dat Namibië al 24 jaar van vrede, eenheid en versoening beleef. " Alles is nie perfek nie, maar ons moet saamwerk om te moontlik te maak. Ons het 'n pragtige land en pragtige mense; kom ons waardeer mekaar."
Die eerste minister en Swapo se presidensiële kandidaat het gewys op die talle uitdagings wat die land steeds in die gesig staar soos armoede, die talle mense in landelike en stedelike gebiede wat nog honger ly en kinders wat steeds onder bome moet skoolgaan voorts gesê " as hierdie skip sink, gaan ons almal onder" .
Mnr. Gernot Eggert, 'n mielieboer en veeprodusent van Otavi, was die eerste uit die gehoor om 'n vraag te vrae. Hy het sy kommer uitgespreek oor ondoeltreffendheid in die staatsdiens van die vlak van ontvangsdames tot permanente sekretarisse en gesê Namibië het 'n wêreldklas-staatsdiens nodig. Verder is hy bekommerd dat water vir Windhoek se ontwikkeling en uitgebreiding vanuit die Noorde deur middel van die oostelike waterkanaal na die hoofstad geneem sal word, waarvan sowat 90% in die proses sal verlore gaan.
Hy voel ook die regering moet wegdoen met streekselektrisiteitsvoorsieners (RED's) en elektrisiteit meer bekostigbaar aan die eindverbruiker lewer. Eggert sê duur elektrisiteit is veral vir besproeiingsboere 'n groot bron van kommer.
Geingob het met hom saamgestem dat die staatsdiens sy sokkies moet optrek en gesê amptenare het in 'n gemaksone verval. " Permanente sekretarisse dink hulle sal permanent in hul poste wees. Hierdie is 'n uitkyk wat ons moet verander. Die kultuur van dienslewering moet verbeter."
Mnr. Derek Wright, president van die Namibië Landbou-unie (NLU), het in 'n verklaring wat hy tydens die geleentheid voorgelees het, gesê dié liggaam bly verbind tot landbou-ontwikkeling in die land. Die jaarlikse omset in die veebedryf beloop N$5 miljard. Boere dra nie net hiermee by tot ekonomiese ontwikkeling nie, maar het deur heffings reeds N$40,9 miljoen beskikbaar gestel vir mentorskap-ondersteuning aan kommunale boere.
Hy het gewys op mnr. Calle Schlettwein, minister van handel en nywerheid, se kommer oor landbou se afname tot die Bruto Binnelandse Produk van 7,4% in 1980 tot 3,2% in 2013 en gesê die NLU deel heirdie sentiment.
Wright het voorts gewys op die talle ander bydraes van die NLU tot die toekoms van landbou maak soos sy betrokkenheid by die grondhervormingsproses, die nasionale landboubeleid en die ontwikkeling van 'n gemeenskaplike visie vir die rooivleisbedryf.
Hy het gesê die NLU ondersteun 'n suksesvolle grondhervormingsproses en vertrou die regering sal dit so bestuur dat grondeienaars nie onseker is oor eienaarskap nie en steeds hul weg oopsien om in landbou te belê.
Verder het hy Geingob ook daaraan herinner dat die regering in terme van die Maputo-verklaring van 2003 veronderstel is om 10% van die nasionale begroting na die landbousektor te kanaliseer.
Nog een van die NLU se bydraes is om as vennoot van die regering en met die finansiële steun van die Europese Unie, aanstaande jaar N$12 miljoen aan die implementering van die nasionale weidingsbestuur en -beleid te bestee sodat weidingstoestande kan verbeter en veeproduksie verhoog.
Oor die omstrede kleinveebemarkingskema het hy gesê nie alle rolspelers in die waardeketting baat daarby nie en die NLU beskik oor geouditeerde bewyse dat kleinveeprodusente in die 2012/2013-boekjaar N$170 miljoen as gevolg hiervan verloor het.
Wright het die regering versoek om al die gevolge te oorweeg wanneer beleide en strategieë gestalte kry.
Laastens het mnr. Raimar von Hase, 'n voormalige president van die NLU, die regering versoek om beter ondersteuning aan hervestigde boere te gee. Hy het daarop gewys dat toegang tot grond een ding is, maar om dit produktief te bewerk 'n perd van 'n ander kleur is. " Die suksesvolle boere is dié met kennis en vaardighede."
Mnr. Alpheus !Naruseb het in antwoord hierop gesê hy besef die opleidingsprogramme waaraan hervestigingsboere van tyd tot tyd blootgestel word, is nie genoeg nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie