Geingob: Sny die vet, bespaar koste

07 December 2018 | Regering
Ronelle Rademeyer



Die kabinet het in 2018 altesaam 19 keer vergader en drie spesiale sittings gehou, 272 agendapunte bespreek en 260 besluite geneem.

Pres. Hage Geingob het Dinsdag tydens dié liggaam van ministers se laaste sitting van die jaar gesê die lys van items wat bespreek is, toon die kabinet het nie net sy grondwetlike verpligtinge nagekom nie, maar ook seker gemaak Namibië verwesenlik die ideale van Visie 2030, die Nasionale Ontwikkelingsplanne (NDP's) asook die Harambee-welvaartsplan.

Die staatshoof het sy ministers en hul adjunkte ook op die uitdagings gewys – met die ekonomiese herstelpad waarop die land hom bevind as een van die grootstes.

“Ons vermoë om positiewe, ­bestendige vordering in moeilike tye te toon, gee my hoop en vertroue vir ons tog op die pad van voorspoed wanneer die ekonomiese situasie verbeter,” het die president gesê.

Hy het daarop gewys dit is geen geringe taak om 'n land te bestuur nie, veral nie vir 'n party en 'n ­president “wat so 'n ­oorweldigende mandaat” van die mense van Namibië ontvang het nie.

“Om aan die mandaat en die verwagtinge van ons mense te voldoen, is 'n edel en glorieryke uitdaging.”

Geingob het opnuut na die idee van een Namibiese huis verwys waarin almal in eenheid, vrede en voorspoed leef en dapper genoeg is om drasties teen korrupsie op te tree en om “die vet in die regering te sny om koste te bespaar”.

Hy het die kabinetslede vir hul harde werk en voorbeeldige optrede bedank en gesê hulle moet hul ­welverdiende rus gedurende die Kersvakansie geniet.

Soortgelyk

 

'Boere se veglus verdwyn'

5 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.“Ek was gister by ’n veiling...

Egpaar herontdek skaars plantjie

5 ure gelede | Omgewing

Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede...

Kalender 18 Januarie

5 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se beeldende kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans...

'DRK maak staat op ons'

5 ure gelede | Politiek

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die...

Operasie Hornkranz: Meer misdaad aangemeld

5 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig Die Namibiese polisie het Woensdag by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia terugvoering gegee aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die...

Weer vir 18 Januarie

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in...

'Die beste tyd van my lewe'

5 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd ZandbergDie 22-jarige gebore Namibiër Kyle Farrer verwys na homself as koel en kalm. Jy kan dit aan sy voorkoms sien. Eenvoudig, maar deurdink, ‘n...

Besige jaar vir Windhoek se DBV

5 ure gelede | Omgewing

Mariselle Stofberg- Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Windhoek het 3 695 diere gedurende 2018 ingeneem. Altesaam 2 207 honde, 1 434 katte en 54 ander diere...

Vreemde voetspore is dit toe nie

5 ure gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg - Groot was die opgewondenheid van die boer mnr. Frederick de Koker toe hy in November verlede jaar vreemde "voetspore" in rotsformasies naby...