Geingob: Sny die vet, bespaar koste
Ronelle Rademeyer
Die kabinet het in 2018 altesaam 19 keer vergader en drie spesiale sittings gehou, 272 agendapunte bespreek en 260 besluite geneem.
Pres. Hage Geingob het Dinsdag tydens dié liggaam van ministers se laaste sitting van die jaar gesê die lys van items wat bespreek is, toon die kabinet het nie net sy grondwetlike verpligtinge nagekom nie, maar ook seker gemaak Namibië verwesenlik die ideale van Visie 2030, die Nasionale Ontwikkelingsplanne (NDP's) asook die Harambee-welvaartsplan.
Die staatshoof het sy ministers en hul adjunkte ook op die uitdagings gewys – met die ekonomiese herstelpad waarop die land hom bevind as een van die grootstes.
“Ons vermoë om positiewe, bestendige vordering in moeilike tye te toon, gee my hoop en vertroue vir ons tog op die pad van voorspoed wanneer die ekonomiese situasie verbeter,” het die president gesê.
Hy het daarop gewys dit is geen geringe taak om 'n land te bestuur nie, veral nie vir 'n party en 'n president “wat so 'n oorweldigende mandaat” van die mense van Namibië ontvang het nie.
“Om aan die mandaat en die verwagtinge van ons mense te voldoen, is 'n edel en glorieryke uitdaging.”
Geingob het opnuut na die idee van een Namibiese huis verwys waarin almal in eenheid, vrede en voorspoed leef en dapper genoeg is om drasties teen korrupsie op te tree en om “die vet in die regering te sny om koste te bespaar”.
Hy het die kabinetslede vir hul harde werk en voorbeeldige optrede bedank en gesê hulle moet hul welverdiende rus gedurende die Kersvakansie geniet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie