Geingob su00ea oor 75ste herdenking van VN
Geingob su00ea oor 75ste herdenking van VN

Geingob sê oor 75ste herdenking van VN

Denver Kisting
Pres. Hage Geingob sê die Verenigde Nasies (VN) was die afgelope 75 jaar die beskermheer van die waardes van die mensdom en die beginsels van gelykheid.

Dié liggaam sorg ook reeds vir die afgelope meer as sewe dekades vir die waardigheid van miljoene mense oraloor die wêreld, sê Geingob.

Dit is aan die VN te danke dat ’n derde wêreldoorlog tot dusver afgeweer kon bly, meen die Namibiese staatshoof. “Ons erken die sleutelrol wat die vooraanstaande organisasie gespeel het om wêreldvrede te bevorder en vol te hou en in die dekolonisering van Afrika. As Namibiërs kan ons getuig van dié feit gegewe ons eie geskiedenis.”

Geingob sê die VN het eweneens ’n deurslaggewende rol vertolk om Namibië se onafhanklikwording te bewerkstellig.
Daarom, sê hy, is die herdenking van die VN se 75ste bestaansjaar ook vir Namibië “’n groot dag”.

Geingob het opnuut kommer uitgespreek oor die uitsluiting van Afrika uit die veiligheidsraad van die VN. Hy beskou dít as onaanvaarbaar. “In hierdie verband is Afrika ’n bevoegde vennoot, en daarom moet Afrika haar regmatige posisie by die VN inneem in die belang van vrede en bestendigheid.”

Kommentaar

Republikein 2025-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer