Geingob praat oor NEEEF
Geingob praat oor NEEEF

Geingob praat oor NEEEF

Die regerende party se leierskap vergader vandeesweek in Windhoek om sy beleid te hersien.
Henriette Lamprecht
Augetto Graig - President Hage Geingob het vandeesweek sy standpunt oor die voorgestelde Nuwe Gelyke Ekonomiese Bemagtiging-raamwerk (NEEEF) uiteengesit.

“Wanneer voorspoed net tot voordeel van ''n paar mense is, kan dit nooit volhoubaar wees nie,” het Geingob gesê. Hy was die hoofspreker by die opening van Swapo se tweede nasionale beleidskonferensie in Windhoek.

Tydens die hoëvlak byeenkoms het eerste minister Saara Kuugongelwa-­Amadhila gesê die konferensie is ''n opvolg oor die implementering van beleidsbesluite wat by die konferensie in 2012 geneem is. Dit word onder die vaandel van ekonomiese inklusiwiteit en voorspoed gehou. Die ­sekretaris-generaal van Swapo, mnr. Nangolo Mbumba, het tydens dieselfde geleentheid deelnemers gevra om konstruktiewe oplossings in die gees van respek en verdraag­saamheid te soek.

Geingob het in sy toespraak die toepassing van NEEEF as ''n nodige stap in dié rigting beskryf.

“Die ontwikkeling en aanvaarding van NEEEF is ''n Swapo-resolusie. Ons sal nooit afwyk van die beginsel vir ''n meer regverdige ekonomie nie. Voorstelle dat ek nie NEEEF ondersteun nie, kan nie verder van die waarheid wees nie. Ek het bloot ons benadering op een aspek van NEEEF bevraagteken, naamlik die eienaar­skappilaar.

“Ek het diegene wat teen NEEEF gekant is, ook genooi om hul ­voorstelle in te dien oor hoe om die inkomstegaping in Namibië te takel.

“Die waarheid is ten spyte van ­vooruitgang, bly Namibië een van die mees ongelyke samelewings in die wêreld. Laat ons dan hande vat en kyk wat is die beste manier om hierdie en ander verdelings te verminder,” het hy gesê.

Geingob het ook die belangrikheid van die teenwoordigheid van al drie Swapo- en Namibiese presidente, mnre. Sam Nujoma, Hifikepunye Pohamba en Geingob, by die geleentheid beklemtoon.

“Die Swapo-party se nalaten­skap leef voort,” het hy gesê. Volgens Geingob is dit ''n nalatenskap wat begin het “toe ons die regverdige saak opgeneem en aanvaar het om ons mense van die juk van apartheid en kolonialisme te verlos. Dit is ''n nalatenskap wat moet voortgaan, soos ons die saak om die Namibiese volk van die juk van armoede en ekonomiese uitsluiting nou opneem,” het hy gesê.

Geingob sê die tweede konferensie vind plaas in ''n tyd waar vryheidsbewegings oor hul toepaslikheid by moderne Afrika-politiek en die algemene samelewing bevraagteken word. Voorts is die globale en ekonomiese siklus in Afrika huidig in die middel van ''n verswakking in kommoditeitspryse, terwyl die vasteland ook meer deursigtig en digitaal gekoppel is, sê hy.

“Dit maak dit makliker om afkeurende stemme te hoor. Die vyande van progressiewe bewegings gebruik hierdie gereedskap om die prestasies van die voormalige bevrydingsbewegings voortdurend te ondermyn. Hulle beweer voormalige bevrydingspartye is te lank aan bewind,” het hy gesê.

Volgens Geingob word voorts beweer “voormalige bevrydingspartye is verouderd met leiers wat hulself verryk en voormalige bevrydingspartye het nie planne om Afrika vorentoe te neem nie,” het hy gesê.

“Daar is diegene wat beweer Swapo het verander en is nie meer die party wat hulle geken het nie. Vir diegene het ek het die volgende te sê: Swapo het nie verander nie.

“Die wêreld het verander of miskien is dit julle wat verander het, nie Swapo nie. Swapo is hier om te bly, en dit is hier om te bly vir ''n baie lang tyd,” sê die president.

Volgens Geingob is Swapo se taak nog nie voltooi nie en daarom gaan die party nêrens heen nie.

“Laat ons nie vergeet nie in ons ­beleidsdokumente van 1976, ­verklaar ons dat die regering van ''n ware bevryde Namibië die stryd teen alle vorme van uitbuiting van man deur man, of vrou deur vrou, sal beveg, en die vernietigende gees van ­individualisme, stamgebondenheid, nepotisme, rassisme, seksisme en verheerliking van rykdom en mag deur individue, groepe en klasse sal teenstaan,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%