Geingob: Opperwet staan
Die president sê konsensus heers dat die prinsiep van gewillige verkoper, gewillige koper nie werk nie.
Elvira Hattingh - “Ek verwelkom die stemme van dié wat van hul grond ontneem is, maar ek doen ‘n beroep dat ons dit nie op ‘n ondemokratiese wyse moet hanteer nie. Ons kán die kwessie binne die bestek van die wet hanteer, sonder om wetteloosheid toe te laat.”
Dit was die woorde van president Hage Geingob gister met die opening van die tweede nasionale grondkonferensie.
Tydens die geleentheid het hy gesê die huidige pas van grondhervorming is nie volhoubaar nie. Hy het bygevoeg dat die kwessies wat in die volgende week ter tafel gelê gaan word, ingewikkeld en emosiebelaai is.
“Verskeie Namibiërs is van produktiewe grond na dorre “tuislande” verdryf. Ek doen ‘n beroep op julle om geduldig en met respek na mekaar te luister en empatie te bewys as medeburgers hul standpunte stel.”
KONSENSUS
President Hage het gesê konsensus heers die beginsel van gewillige verkoper, gewillige koper het nie die gewenste resultate gelewer nie.
Hy het bygevoeg dat die grondwetlike bepalings hersien moet word waarvolgens grond met regverdige vergoeding verkry kan word, terwyl daar ook na die besit van grond deur buitelanders en afwesige grondeienaars gekyk moet word.
“Die posisie van die die regering is dat ons grondwetlike meganismes kan inspan om gelykheid in grondbesit te kry, solank grondonteiening in openbare belang is,” het die president gesê.
ONGELYKHEID
“In Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe het ‘n unieke uitdaging ontstaan toe wit mense van buitelandse afkoms hulself hier kom vestig het. Daarna is hul kinders hier gebore en is hulle ‘deur grond en bloed’ afstammelinge van hierdie land.
“Die fundamentele kwessie is ongelykheid, met Namibië wat as die tweede mees ongelyke gemeenskap in die wêreld gereken word, ná Suid-Afrika.”
Hy het gesê die bestaande toestand sal egter nie toegelaat word om voort te duur nie.
“Wanneer die meerderheid ekonomies uitgesluit word, hou dit groot risiko in. Dit is in ons almal se belang - spesifiek dié wat het - om seker te maak daar is ‘n drastiese afname in ongelykheid. Dit kan gedoen word deur die herverspreidingsmodel te steun sodat die skewe ekonomiese struktuur getakel kan word.
“Ons moet daarvan bewus wees dat hierdie uiteindelik ‘n belegging in vrede is,” het hy gesê. “Die land behoort aan almal van ons en ons het die gedeelde verpligting om die kwessies regverdig en volhoubaar op te los.”
Hy het ook gesê hy is bekommerd oor die lot van plaaswerkers, wat nie oor enige grond beskik nie en dikwels sonder heenkome sit wanneer plase waar hulle hul lewe lank woon, van eienaar verwissel.
Die president het gesê geregtigheid is inklusief en regverdig, en kan slegs geskied indien daar beslissend opgetree word as dit by die land se skewe ekonomiese struktuur kom, asook die rassewanbalaans in die verspreiding van hulpbronne, insluitend grond.
“Geregtigheid is nie net ‘n stel abstrakte waardes nie, maar ‘n begrip van die konkrete verhouding tussen oorsaak en gevolg,” het hy gesê.
KRITERIA NIE TOEGEPAS
Hy het erken dat hervestigingskriteria nie altyd konsekwent toegepas is nie en mense hervestig is wat nie aan minimum kriteria voldoen nie, wat doelwitte soos gelykheid en sosiale geregtigheid in die wiele ry.
Geingob het bygevoeg dat kommunale gebiede oorbevolk raak as gevolg van bevolkingsgroei en dat die uitbreiding van dié grond noodsaaklik is. “Ek wil ook waarsku dat die uitbreiding van kommunale grond sonder die verbetering van produktiwiteit ten koste van die produktiwiteit van kommersiële boerderye kan wees.”
Hy het ook verwys na sy doktorale tesis waarin hy geskryf het dat nadat mense op grond hervestig is, hulle onder ‘n boerdery koöperatief of –onderneming byeengebring moet word wat deur professionele kundiges bestuur word.
Sodra die boere opgelei is om die plaas as ‘n kommersieel lewensvatbare entiteit te kan bestuur, moet dit hul eiendom raak. Hy het gesê ekonomiese bemagtiging deur aandeelhouer-skemas moet ook ondersoek word.
Hy het verder gesê die lewering van meer bekostigbare behuising in dorpsgebiede mag dalk die vraag na landbougrond verlig.
Die president het gesê Swapo het in 1990 die geleentheid gehad om grond terug te neem op enige manier nodig, maar dat oudpresident Sam Nujoma op ‘n metodiese benadering besluit het, wat noodsaaklik was vir stabiliteit en om aan die Grondwet gehoor te gee.
Hy het gesê diegene wat van hul demokratiese reg gebruik gemaak het om nie aan die beraad deel te neem nie, is steeds welkom om by die konferensie aan te sluit en dat hy tydens die konferensie beskikbaar sal wees om met mense te praat oor misverstande in verband met die konferensie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie