Geingob oor ontwikkeling
Pres. Hage Geingob het gister by Staatshuis die vyfde nasionale ontwikkelingsplan bekend gestel.
Estelle de Bruyn - Met die bekendstelling van die vyfde nasionale ontwikkelingsplan (NDP5) gister by Staatshuis, het pres. Hage Geingob gesê hy hoop NDP5 sal ver gaan om die land na 'n gevorderde ontwikkelingsfase te neem met die kapasiteit om gesofistikeerde tegnologie te produseer.
“Aanvanklik sal dit die modernisering en opgradering van ons produksiesektore en stelsels insluitende landbou, vervaardiging, visserye, mynbou en toerisme behels. Deur op hierdie sektore te fokus, sal ons in staat wees om meer werkgeleenthede te skep om nuwe toetreders tot die arbeidsmark te absorbeer,” het Geingob gesê.
Hy sê teen 2030 sal Namibië se bevolking na verwagting 3,5 miljoen mense wees van wie die meeste jongmense sal wees.
“'n Jong bevolking bied geleenthede en uitdagings. Ons sal beleggings in onderwys, gesondheid en behuising en die integrasie van benadeelde mense in die hoofstroomekonomie moet maak. Dit is presies wat ons tydens die NDP5-periode wil doen. Ons begrotingsuitgawes sal voortgaan om ten gunste van ons maatskaplike sektore soos onderwys, gesondheid en behuising te diskrimineer.
“Wat geleenthede betref, sal die jong mans en vrouens van môre met die gepaste onderwys en opleiding die Namibiese gemeenskap na Visie 2030 aandryf,” het Geingob gesê.
Hy sê die voorbereidings vir hierdie demografiese verandering moet nou begin. Kleuters van vandag moet 'n vroeë begin gegee word en beleggings in vroeë kinderontwikkeling sal tydens die NDP5-periode aggressief nagejaag word.
Toegang tot gehalte, geïntegreerde vroeë kinderontwikkeling, die voorsiening van onderwysgeriewe, bronne vir onderrig en leer asook beter kindergesondheid en -voeding sal aandag geniet.
Ondanks vordering op onderwysgebied, met nagenoeg 95% van die leerling-ouderdom-bevolking wat skoolgaan, is daar nog heelwat uitdagings.
“Gehalte onderwys is steeds nie bevredigend nie, veral in skole wat arm gemeenskappe dien. In afgeleë, landelike gebiede is die syfer van kinders wat nie hul skooljare voltooi nie, uiters hoog. Die oorgang van sekondêre skole na instansies van hoër opvoeding is baie laag en net ongeveer 19% van graad 12-leerlinge studeer verder. Dit moet verander,” het hy gesê.
Gevolglik sal die infrastruktuur van onderwys- en gesondheidinstansies gedurende die NDP5-periode ontwikkel en in stand gehou word.
Hy het ook daarop gewys dat die Harambee-welvaartplan (HPP) nie Visie 2030 of die nasionale ontwikkelingsprogramme vervang nie, maar bloot daar is om sekere aspekte op 'n vinnige trajek te plaas sodat die lewensgehalte van alle Namibiërs kan verbeter. Ingevolge die HPP word beroepsopleiding geprioritiseer en met die NDP5 wil die regering beroepsopleiding meer toeganklik maak deur die uitbreiding van opleidingsgeriewe wat studente gereed moet maak om in diens geneem te word.
“Ek is ontsteld oor die swak toestand van baie van ons skole en hospitale,” het Geingob gesê.
Die gesondheidinfrastruktuur moet ook verbeter word, menslike hulpbronne moet ontwikkel word en navorsing en samewerking met vennote moet bevorder word.
Behuising, veral bekostigbare behuising, bly een van die grootste ontwikkelingsuitdagings in die land en die onbeplande toename in informele nedersettings in dorpe en stede bied groot administratiewe uitdagings vir plaaslike owerhede. Met die NDP5 sal alternatiewe en skeppende metodes om behuising en grond aan die meerderheid van die mense te gee, ondersoek word.
“Ek is daarvan oortuig dat byna drie dekades ná onafhanklikwording, die NDP5 ons aansienlik nader aan die bereiking van ons bestemming, Visie 2030, sal bring,” het Geingob gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie