Geingob onder skoot oor Zimbabwe
Geingob onder skoot oor Zimbabwe

Geingob onder skoot oor Zimbabwe

Kenners meen die staatshoof het sy plig versuim deur nié oor ontvouende geweld in 'n buurland te praat nie.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê pres. Hage Geingob het versuim om die menseregteskendings in Zimbabwe aan te spreek.

Dít kom nadat Geingob nie gister na die onluste in dié buurland verwys het tydens die opening van die 40ste gewone beraad van staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeen­skap (SADC) nie.

Venaani, die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), het gistermiddag gesê naas dié versuim het Geingob ook nie die politieke ruimte ontsluit nie – “'n belofte wat gemaak is deur die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking dat hulle met die aangeleentheid sonder SADC sal omgaan”.

Die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Graham Hopwood, het Venaani gelyk gegee. “My hoofkommer is Zimbabwe – wat nie eens by die beraad aangespreek is nie.”

Syns insiens het SADC dit bemeester om die werklike kwessies te vermy. “In sommige opsigte is dit die nalatenskap van Robert Mugabe.”

Naas Botswana het ander lidlande die afgelope sowat 20 jaar geweier om enigiets te sê wat moontlik as kritiek op Zanu-PF gesien kan word, sê Hopwood.

Geingob het gister toegegee die streek word deur talle struikelblokke in die gesig gestaar.

“In ag genome die uitdagings wat Covid-19 meebring sowel as die bedreigings van klimaatsverandering en terroristeaanvalle in ons streek en om te werk na blywende oplossings vir ons probleme, is dit duidelik dat ons hande moet vat as broers en susters binne SADC.”

Sonder vrede is ontwikkeling onmoontlik, het Geingob gemaan.

“Ons het 'n plig om doeltreffende regeringsbestuur te versterk, om regsreëls te bevorder en om politieke stelsels te benut waar konflikte en politieke verskille bemiddel word deur ­lewendige prosesse, stelsels en instellings.”

Sou daar nie meer aandag gegee word aan die jeug en hul potensiaal nie, loop die streek die risiko dat jong mense uitgesluit word en radikaal word, het hy voorts gewaarsku.

Die presidensie het onlangs by monde van sy woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, bevestig die ontvouende gebeure van onluste in Zimbabwe is in hul visier.

Hengari het in 'n bondige antwoord op die vraag of hulle die situasie in die buurland monitor, gesê: “Ja, dit is korrek.”

Dít het gekom te midde van ver­skeie beroepe op die leiers van SADC en die Afrika-unie (AU) om in Zimbabwe in te gryp.

Mnr. Moussa Faki Mahamat, die voorsitter van die AU-kommissie, het gister 'n beroep op die Zimbabwiese regering gedoen om regsreëls te eerbiedig en voorsiening te maak vir mediavryheid, die reg op toegang tot inligting, vryheid van assosiasie en vryheid om in die openbaar te vergader.

Verskeie Zimbabwiërs is die laaste ruk dood – glo aan die hand van die land se polisielede wat slaags geraak het met burgerlikes wat teen korrupsie betoog.

Tirie Masawi, 'n Zimbabwiese joernalis wat in Namibië gestasioneer is, het gesê: “Die onderdrukkende Zimbabwiese stelsel, veral teen joernaliste, is al vir jare aan die orde van die dag en het nooit aandag geniet nie. Daardie land se menseregterekord is nooit hanteer nie. Dit is veral nou 'n uitdaging sedert pres. Emmerson Mnangagwa 'n verklaring uitgereik het waarin hy dreig om stemme van teenkanting uit te doof.”

Masawi meen dit is 'n gevaarlike presedent wat dié land se staatshoof skep, omdat dit aanleiding gee tot haatspraak en diegene wat met Mnangagwa verskil kwesbaar laat.

“Afrikaleiers moet opstaan en hul kollega in die oë kyk en aandring dat hy menseregte respekteer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 443.40/T DOWN -0.53% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 443.40/T DOWN -0.53% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93%