Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

Opposisie, ontleders vaar uit

19 October 2020 | Politiek
Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het, is ongrondwetlik.

Hiernaas, het die leier van die Popular Democratic Movement (PDM) gister by navraag vuur gespoeg, is dit “lafhartig om van die staatshoof af te kom. Wit mense het burgerregte – soos enige ander burger – om en masse te registreer en ook om te besluit vir wie hulle wil stem.”

Geingob se uitlatings Saterdagoggend, waarin hy teen wit mense uitvaar, het skokgolwe deur die land gestuur.

Hy het onder meer gesê: “Ons het gesien wit mense wat in groot getalle registreer. Ek het dít nog nooit so gesien nie. En hulle’t gesê: ‘Enigiets behalwe Swapo.’ Ek het daarvan kennis geneem en ek sal dit nie vergeet nie.

“Mense wat oorlog verklaar teen Swapo – Swapo wat gesorg het dat hulle vrede en eenheid geniet; gemak geniet (wat) oorlog verklaar teen Swapo. Ek het julle gehoor.”

Venaani sê hy verwerp Geingob se uitlatings wat syns insiens op haatspraak neerkom. “Skaam jou, Hagilo.”

Dié opposisieleier het voorts ’n beroep gedoen op stemgeregtigde wit Namibiërs om weg te bly van sosialistiese en linkse partye. “Ons is die party met die nodige ruggraat om enige van Swapo se wetgewing teen te staan. Wittes moenie nou kommuniste raak nie. Ideologie is die ruggraat van enige party.”

Die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Graham Hopwood, het ook gister sy skok uitgespreek. “Vir iemand wat dikwels praat oor die belangrikheid van vrede en eenheid, blyk dit ’n baie vreemde ding te wees om te sê. Dit beslis kommerwekkend dat hy om te registreer om te stem, gelyk stel aan oorlog. Ons is in ’n demokrasie en mense is geregtig om aan verkiesings deel te neem en te stem vir wie hulle ook al wil.”

Boonop, sê die ontleder, beslaan wit kiesers slegs 6% van die totale kiesers. “So, hulle is nie ’n belangrike blok nie – selfs al sou hulle almal op dieselfde manier stem, wat hulle natuurlik nie sal doen nie.”

Hopwood meen Geingob se uitlatings het dalk ten doel gehad om die aandag af te lei van hoe Swapo die land reageer. “Ek dink nie dit sal werk nie. Mense wonder eerder hoekom hy goed sê wat Swapo se vorige verbintenis tot die beginsel van ‘Een Namibië, Een Nasie’ en nasionale versoening teengaan.”

Dr. Panduleni Itula, die oud-Swapo-lid en hedendaagse leier van die nuwelingparty, die Independent Patriots for Change (IPC), sê hy sal eers in ’n latere stadium op Geingob se uitlatings kommentaar lewer.

’n Ander ontleder, die regskenner prof. Nico Horn, sê ofskoon hy “nie die mees ingeligte mens is oor wat aangaan in die wit gemeenskap nie”, “is die wittes net té verdeel en klein om ’n impak te hê op die verkiesings.”

Swapo was in elk geval nooit dié minderheidsgroep se verkose politieke tuiste nie, sê Horn. “So, waar ook al die wittes hul kruisie trek in dié verkiesings sal baie min, indien enige, verskil maak.”

Dr. Job Amupanda, leier van die Affirmative Repositioning (AR), sê: “Hy (Geingob) is kwaad dat wit mense Swapo verlaat, en hy waarsku wittes met sy middelvinger.”

Volgens hom is Namibiërs in die moeilikheid as hulle nie opstaan en die land help herstel nie.

Geingob se gesindheid herinner aan dié van ’n man wat gewelddadig jeens ’n vrou optree as sy hom wil verlaat ná hy haar met materiële goed bederf het, waarsku Amupanda.

Namibiërs neem op 25 November aan die streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings deel.

[email protected]

Soortgelyk

 

Nege sterftes, 307 nuwe gevalle

11 ure gelede | Gesondheid

Nege nuwe Covid-19-verwante sterftes het die getal vir Namibië sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie in Maart verlede tot 328 opgestoot. Dit sluit vier in...

Hof sal later sê of Shoprite bevel geminag het

13 ure gelede | Howe

Regter Collins Parker sal op 15 Februarie 2021 uitspraak lewer in die teenaansoek deur die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) teen Shoprite...

Eloïse bring dalk storms

18 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die tropiese depressie, of dit wat oorgebly het van wat aanvanklik sikloon Eloïse was, kan vanaf môre vir kwaai storms in Namibië...

Swakoppoortdam loop oor

1 dag gelede | Weer

Die Swakoppoortdam, een van die drie damme wat ook vir Windhoek van water voorsien, het gister begin oorloop. Volgens die NamWater se damverslag van gister...

Voorvaderlike eise: Alle grond benut

1 dag gelede |

Mathias Haufiku en Ogone TlhageDaar is tans geen oop grond in Namibië beskikbaar nie aangesien alles benut word. Die Kommissie van Ondersoek na Voorvaderlike Grondregte...

Woestynrivier laat lóóp

1 dag gelede | Weer

Mnr. Joseph Kafunda het Sondag die Kuisebrivier in volle vloed by die Kuiseb-brug op die C14-pad afgeneem. Sy foto’s is op die Facebook-blad, Reën in...

Noorde: Té nat én té droog

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl boere in Namibië se Mieliedriehoek reeds drie weke lank wag dat die reën hulle net ’n paar dae kans moet gee...

Making the art of painting look easy

1 dag gelede | Mense

Enzo AmueleBorn in the early ’90s, the cool and calm Nambowa Malua has been drawing since he was a child and has made art look...

Shoprite steeds in die hof

1 dag gelede | Arbeid

Augetto Graig en Elvira HattinghDie staking by Shoprite is ná meer as ’n maand verby, maar die hofgeveg wat daaruit gespruit het, woed opnuut vanoggend...