Geingob nooi Britse ondernemings na Namibië
Pres. Hage Geingob het gister (Donderdag) saam met 45 ander staatshoofde die amptelike opening van die Statebondsberaad as gas van koningin Elizabeth by Buckingham Paleis in Londen bygewoon.
'n Verwelkomingseremonie is later deur die Britse eerste minister, Theresa May en die sekretaris-generaal van die Statebond, Patricia Scotland, by Huis Lancester aangebied.
Onder die tema, "Op pad na 'n gedeelde toekoms", is sake soos klimaatsverandering, die blou oseaan-handves, 'n regverdige handelstelsel, goeie regeringsbestuur, werkloosheid onder die jeug, armoede-uitwissing en kubersekuriteit bespreek deur die staatshoofde bespreek.
Geingob het vroeër vandeesweek ook 'n ontmoeting met Prins William, die hertog van Cambridge, by Kensington Paleis gehad waar kwessies soos onderwys en die skep van volhoubare gemeenskappe bespreek is.
Hy het die prins meegedeel dat Namibië gereed is om in die post-Brexit-fase handel met Brittanje te verbeter. Hy het Britse ondernemings genooi om na Namibië, as die logistieke naaf in SADC, uit te brei.
Foto: Immanuel Thomas/Staatshuis

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie